Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 20 / Tafelberg Wêrelderfenisgebied

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 20

TAFELBERG WÊRELDERFENISGEBIED

“Mamma, ek wonder nou nogal oor iets.

As Tafelberg so gevaarlik is, hoekom is almal so lief vir Tafelberg?”

“Motmuis, Tafelberg is ń besonderse berg.

Tafelberg is een van die oudste berge op die aarde.

Hy lyk so plat soos ń tafel. Daarom is sy naam mos Tafelberg.

Party dae is hy heeltemal toe onder die wolke.

Mense hou daarvan om bo-op die berg rond te loop.

Jy kan baie ver sien daar bo van Tafelberg af.

Jy sien die see.

Jy sien die berge.

Jy sien die eiland, Robbeneiland.

Jy sien Kaapstad.

Die uitsig is pragtig.”

“Mamma, is daar diere op Tafelberg?”

“O ja. Daar is baie klein diertjies wat lewe op Tafelberg.

Baie baie dassies wat lekker op die rotse sit en bak in die warm son.

Daar teen die kranse bou die witkruisarende hulle neste. Daar is baie min van hulle in die wêreld oor.

Weet jy Motmuis, daar was in Jan van Riebeeck se tyd baie leeus en tiere en kwaggas op Tafelberg, maar die mense het almal doodgemaak.

Nou word Tafelberg beskerm.

Niemand mag daar jag nie.

Niemand mag daar vuur maak nie.

Niemand mag daar mors nie.

Mense mag net op paadjies loop wat mooi gemerk is.

Tafelberg is ń nou ń Wêrelderfenisgebied.

Op Tafelberg is ook baie plante wat jy nêrens anders kry nie.

Plante soos fynbos en natuurlik Proteas.”

“Mamma, ń Protea is mos Suid-Afrika se nasionale blom. “

“Motmuis, jy is slim.”

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis. Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae