Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 19 / Tafelberg se Kabelkar

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 19

TAFELBERG SE KABELKAR

“Mamma Vlermuis, het Mamma gesien daar teen Tafelberg is daar drade gespan.

Aan die drade hang ń karretjie wat soos ń huisie lyk.

Die karretjie gaan op en weer af.”

“Ja Motmuis. Mens noem dit ń kabelkarretjie. Die karretjie hang aan kabels.

Mense is baie lief vir Tafelberg.

Hulle klim in die kabelkarretjie en ry dan op tot bo-op die kruin van Tafelberg.

Daar klim hulle uit en loop bo-op Tafelberg rond.

Dan klim hulle weer in die kabelkarretjie en ry weer af tot by die voet van Tafelberg.”

“Mamma, dit is nou slim.

Maar hoekom vlieg hulle nie sommer tot bo nie?”

“Motmuis, mense kan nie vlieg soos ons vlermuise nie.

Hulle moet opklim tot bo as hulle nie wil ry met die kabelkarretjie nie.

Tafelberg is ń gevaarlike berg.

Gaan kyk bietjie hoe styl is die kranse.

Ons noem dit loodregte kranse.

Baie mense het al daar afgeval en lelik seergekry.”

“Mamma, het Jan van Riebeeck ook met die kabelkarretjie tot bo-op Tafelberg gery?”

“Ag nee, Motmuis. Die kabelkarretjie het baie baie jare later gekom. Daar was mos nog nie enjins en sulke goed nie. Die mense moes maar loop waar hulle wou wees. “

Fiktiewe verhale uit die geskiedenis.

Geskryf deur Kobie Ströh vir ons kleinkinders gedurende die Covid isolasietyd.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet. Familiefoto’s

Maak 'n opvolg-bydrae