Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 18 / Jan van Riebeeck se Kasteel

Motmuis leer van Suid-Afrika (Deel 1 http://monument-sa.co.za/motmuis-leer-van-suid-afrika…/)

Geskiedenis Nommer 18

JAN VAN RIEBEECK SE KASTEEL

“Mamma Vlermuis, ek sien in Kaapstad is daar ń kasteel.

Ek wil ń prins wees en ook in ń kasteel gaan bly..”

“O nee, Motmuis.

Daardie is nie ń prins se kasteel nie.

Dit is ń baie baie ou kasteel.

Onthou jy Jan van Riebeeck het ń fort gebou waarin die mense veilig kon bly.

Die wilde diere en die inboorlinge in die Kaap was gevaarlik en wou die mense seermaak.

Toe bou Jan van Riebeeck ń fort van hout en kleigrond met hoë mure om in te bly.

Maar dit was nie baie sterk nie.

Die suidooster-wind en baie reën het die mure maklik laat omval.

Toe bou Jan van Riebeeck se mense ń kasteel van klippe.

Dit was ń baie sterk gebou met hoë mure.

Op die hoeke het hy kanonne gesit waarmee hy kon skiet op vyande.

Die Kasteel is so sterk gebou, dit staan nog steeds in Kaapstad.

As mense in Kaapstad kom, gaan kyk hulle graag hoe lyk Jan van Riebeeck se Kasteel.

Die kasteel se naam is Kasteel die Goeie Hoop.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae