Laerskool Handhawer / Vereeniging / 23 Maart 2005 / Tragiese ongeluk / 3 Onderwysers en 6 kinders sterf / Netbaltoer

23 Maart 2005

Laerskool Handhawer

Vereeniging

Tragiese ongeluk

3 Onderwyseresse en 6 kinders sterf.

LAERSKOOL HANDHAWER

Elke jaar 23 Maart reël Laerskool Handhawer ‘n klein seremonie om die tragiese dag in 2005 te onthou.

‘n Oomblik van stille, herinneringe, besef opnuut laat insink hoe nietig ons is.

23 Maart 2005

Die netbalspannetjie en onderwysers was met groot opgewondenheid op pad na ‘n netbaltoernooi in George, Suid-Kaap.

In die Karoo, tussen Richmond en Drie Susters bars die linker voorste wiel se band. Die bestuurder verloor beheer, die bussie rol en land in ‘n rivierbedding langs die pad.

Hulp was dadelik op die toneel, maar die 3 onderwyseresse en 6 kinders was reeds oorlede. Die oorlewende 4 dogters was ernstig beseer en is per helikopter na verskillende hospitale geneem. Al 4 het oorleef, maar dra lewenslank die letsels van hulle beserings.

5 van die oorlede kinders was netbalspelertjies en 1 was een van die onderwyseresse se eie kind.

Die name van ooledenes:

Marlene Pelser

1953.06.12 – 2005.03.23

Linda le Grange

1969.01.05 – 2005.03.23

Lizelle Myburgh

1967.10.06 – 2005.03.23

Kinders:

Jo-Anne Maans (12 jaar)

1992.2.20 – 2005.03.23

Maroise Geweldt (12)

1992.09.10 – 2005.03.23

Veronica v Rensburg (12) 1992.04.27 -2005.03.23

Kelly Holmes (12)

1992.04.02 – 2005.03.23

Jo-Marie Naude (12)

1992.11.06 – 2005.03.23

Elize Myburgh (10)

Oorlewende dogters:

Alginadia de Laan (12)

Alicia de Necker (12)

Stephanie Potgieter (12)

Chantè le Grange (10)

MONUMENT

By Laerskool Handhawer is ‘n gedenksteen opgerig om hierdie tragiese dag te onthou waar pragtige kinders en onderwysers se lewens so skielik en onverwags kortgeknip is.

https://vaalweekblad.com/89234/slagoffers-van-busramp-onthou

Foto’s. Dankie Gys Ströh Snr Maart 2023

Maak 'n opvolg-bydrae