Eerste Vryheidsoorlog / Vrede word onderteken in O’Niel se huis / 21 Maart 1881/ O’Niels Cottage

21 Maart 1881

Die Eerste Vryheidsoorlog

Vrede word onderteken in O’Niel se Huisie.

O’Neil’s Cottage / O’Neil se huisie

Die huis is geleë tussen Volksrust en Newcastle.

O’Neil’s Cottage: aan die voet van aMajuba

Die huisie waar vredesonderhandelings tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het.

23 Maart 1881

Die huisie het destyds aan ‘Ou Gert’ O’ Neil behoort. Sy broer John het die plaas ‘Stonewall’ in 1878 gekoop en aan hom oorgedra. Hy en sy vrou, Elizabeth Maria (geb. Crouse) het daar gewoon vanaf 1878 tot en met sy dood in 1907, en die familie is begrawe in die begraafplaas agter die huisie.

Van die Britse gesneuweldes (van die Slag van aMajuba) is in die voortuin begrawe.

Die huis is in 1942 tot ‘n Historiese Monument verklaar, en het in 1969 ook Nasionale Monumentstatus gekry.

In 2013 is die huis noukeurig gerestoureer en ‘n museum ingerig. Let op kruis voor huis.

Tans 2023 is die Huis van O’NEIL in ñ ernstige toestand van verval, verwaardlosing en vandalisme.

EERSTE VRYHEIDSOORLOG (Eerste Boereoorlog) : 20 Desember 1880 tot 23 Maart 1881.

1880: Eerste Vryheidsoorlog breek uit tussen Transvaal en Brittanje agv die anneksasie van die ZAR deur Brittanje. Shepstone en Carnarvon wou die hele SA onder die Britse vlag verenig.

16 Desember 1880: Die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog klap op Potchefstroom.

Die Potchefstroom Fort beleg was wel nie n veldslag nie, daar het genl Piet Cronje en veldkornet Koos de la Rey die engelse ook tot oorgawe gedwing.

4 GROOT VELDSLAE

Daar was 4 groot veldslae tussen Boer en Brit. Boere het groot welslae behaal.

1. Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880

2. Slag van Laiingsnek 28 Januarie 1881

3. Slag van Igogo (Skuishoogte) 8 Februarie 1881

4. Slag van Majuba 27 Februarie 1881.

VREDE BY O’NIEL se HUIS

18 Maart 1881: Onderhandelinge vir die sluiting van vrede begin by O’Neil se huis aan die voet van Majuba.

President Jan Brand van die Vrystaat tree as bemiddelaar op.

20 Maart 1881: Paul Kruger roep ‘n Dag van Verootmoediging aan God uit.

21 Maart 1881: Teenwoordig in o’Neil se huis vir die onderhandelinge was oa president Brand van die Vrystaat , so ook Swart Dirk Uys, Paul Kruger, genl Piet Joubert en genl Nicolaas Smit.

‘n Vredesooreenkoms word bereik.

22 Maart 1881: Die vredesvoorwaardes word aan die burgers voorgelê.

23 Maart 1881: Vrede word gesluit

29 Maart 1881: ‘n Buitengewone staatskoerant kondig die einde van die Eerste Vryheidsoorlog aan.

3 Augustus 1881: Ondertekekening van die Konvensie van Pretoria, uitbreiding van die vredesooreenkoms van 23 Maart 1881.

16 Desember 1881: Die volk stroom in hulle duisendes na Paardekraal om Geloftedag te vier en God te dank.

Bronne en foto’s: Eensgesind. Kraal Uitgewers. Facebook. Internet

Maak 'n opvolg-bydrae