1918 / Die Groot Griep / Spaanse Griep / Pandemie / Swart Oktober / Mynongeluk

1918 Die Groot Griep (Spaanse Griep) Pandemie

(Bydrae deur Kobie Ströh)

* ’n Pandemie dui op ’n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig oor ’n land of groter gebied versprei. Dit is in werklikheid ’n epidemie, maar net op wêreldwye skaal (Wikipedia).

Tydens die Eerste Wêreldoorlog (Groot Oorlog) van 1914 tot 1918 het ’n dodelike mutasie van die AH1N1- griepvirus in 1918 ontstaan . Ongeveer 50 miljoen mense sterf wêreldwyd aan die griep ( sommige navorsers reken die syfer is nader aan 100 miljoen) terwyl die oorlog ‘n geskatte 16 miljoen lewens eis. Hierdie griepvirus veroorsaak die dood van meer mense as enige ander siekte in die geskiedenis.

Die virus het in Europa die lewens van talle soldate geëis. Heelwat Suid-Afrikaanse soldate het ook gesterf o.a. vyf soldate van Oudtshoorn ; Ockert Oosthuizen, Archibald Forbes, Gert Brewis en Stanley Hitzeroth van 1 SA Bataljon wat in die hospitaal in Surrey, Engeland gesterf het.

So hartseer dat dit juis die teruggekeerde soldate was wat die dodelike virus Suid-Afrika toe gebring het.

SWART OKTOBER 1918 IN SUID-AFRIKA

Die Groot Griep van 1918 is een van die grootste rampe wat Suid-Afrika nog ooit getref het.

Amptelike syfers toon dat in Suid-Afrika minstens 140 000 mense gesterf het en 2.6 miljoen mense was siek agv griep uit ‘n totale bevolking van 6 miljoen gedurende September-Oktober 1918. Hierdie syfers is egter slegs beramings aangesien daar nie volledig boekgehou kon word gedurende hierdie vreeslike tyd nie, veral nie op die platteland of afgeleë gebiede nie, aangesien alles in die land feitlik tot stilstand gekom het.

Die dodelike virus het saam met soldate op twee troepeskepe in Kaapstad gearriveer. Die twee skepe was die Jaroslav wat op 13 September 1918 aangekom het en die Veronej op 18 September 1918. Die virus het vanaf die hawens binneland toe versprei en selfs tot in die kleinste dorpies en op afgeleë plase het mense dodelik siek geword. Daar was amper geen dorp sonder slagoffers nie.

Vir Suid-Afrika was dit ‘n donkertyd. Die uitgebreide spoorwegstelsel het die verspreiding aangehelp en in dorpe soos Bloemfontein, Touwsrivier en Beaufort-Wes (dus langs die spoorlyne) was daar baie siekes. Die omstandighede in die land was moeilik en die land het nog nie herstel na die Tweede Vryheidsoorlog en die wrede konsentrasiekampe se gevolge nie. Die armblanke-probleem, die ongesonde toestande in die myne ( Kimberley een van die dorpe wat die ergste getref is) , die droogte van 1914–1916 gevolg deur die vloede van 1916 en 1917 en die Rebellie was alles probleme waarmee die land te doene gehad het.

Talle Suid-Afrikaners het oorsee gaan veg , so ook mediese personeel wat gaan help het op die oorlogsfront. Dus was daar baie min mediese hulp tuis beskikbaar. Mediese antibiotika was daardie dae ook nog nie beskikbaar nie. Allerhande middels soos kinien, aspirine, kaneel, brandewyn, hoesmiddels, kanferolie, lynolie, knoffel, kanferballe, paraffien op suiker ,Engelse sout en nog ander Boererate is gebruik om die griep onder beheer te bring. Dokters was magteloos om die Griep van 1918 te keer.

Dienste in die land het byna tot stilstand gekom: Skole, winkels, fabrieke, myne en howe het gesluit. Voedsel skaarste en medisyneskaarste het ontstaan. Die strate was verlate, mense het in hulle huise weggekruip – te bang om met ander te meng. Noodhospitale is in skole ingerig. Kerke het sopkombuise begin om nood te probeer verlig. Lyke het op sypaadjies en voorstoepe gelê om afgehaal te word, want die lykhuise was oorvol en arbeiders om lyke te verwyder en te begrawe was min en het self siek geword. Sommige plekke is dooies in komberse in massagrafte begrawe. Duisende weeskinders moes ‘n heenkome vind. Huise is ontsmet, wette is gemaak wat spoeg op strate verbied ens.

Statistiek toon dat byna die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking tydens die pandemie siek geword het en dat die dodelike virus oor ’n periode van drie maande sowat 250 000 tot 300 000 lewens geneem het.

Uittreksel uit: ‘BLACK OCTOBER’: THE IMPACT OF THE SPANISH INFLUENZA EPIDEMIC OF 1918 ON SOUTH AFRICA By Howard Phillips, BA Honours (UCT), MA (London). A Thesis Presented in the Department of History, University of Cape Town in Fulfillment of the Requirements for the Degree of Doctor of Philosophy 1984

CHAPTER 2 CAPE TOWN

“ A little girl walking through the city centre at this time recalled ‘deathly silent streets which were really frightening’ , while the veteran politician, John X Merriman, noted in his diary on 17 October, ‘Cape Town very empty & forlorn.’

P 51/52

In the streets passers-by were horrified as people collapsed and died in front of them. A young boy travelling into town by train from Maitland caught sight of bodies scattered about on the expanse of fie1d stretching to Brooklyn and beyond. More than one person was reminded of the Black Death or the Great Plague of London by what they saw. A 21 year-old student at the University of Cape Town at the time summed up the situation in a few graphic words sixty years later. Cape Town’, he said, ‘was a veritable city of the dead. Most chilling of all were the carts piled high with corpses, sometimes not even covered with a tarpaulin. Even if they were, people who saw them pass by could often see ‘legs sticking out, with labels attached with names of people, being taken away to the cemetery. Each morning Municipal waggons went around collecting bodies from the streets and from those addresses where deaths had been reported. In this grim task they were assisted by ten convicts, induced to help by the promise of remission of their sentences. After witnessing these carts in action a shocked visitor wrote: ‘I actually saw the waggons going round, a bell ringing as they went, whilst the drivers called “Bring out your dead!” Just as one reads in accounts of the Black Plagye, and at which one has so often shuddered.’

Where families had transport of their own and could obtain a coffin, they took it to the station or to the cemetery themselves; Muslims, in accordance with their custom, carried their biers the whole way.

‘Their friends carried them on biers, in coffins; they trundled them on wheelbarrows; they carted them, not single corpses at a time either, on trollies; they rushed them in motors with trailers; they sped them on taxis.

At all points ordinary burial procedures were hard pressed to cope and emergency action had to be taken by the Burial Sub-committee to prevent a complete breakdown. Extra coffins were required at once, for, as early as 7 October, a number of ‘flu victims had to be buried wrapped only in blankets. Temporary morgues had to be set up too, as the existing one off Keerom Street was quickly filled to overflowing. From De Burger’s offices next door, a journalist described how ‘die lijke reeds op die vloer naas mekaar moet Iê om vir die buitengewone aantal plek te maak; dit word vertel dat hul later in h staande houding teen mekaar moes gepak word.’

In such a situation the normal procedure for issuing death-certificates from a central office was hopelessly inadequate. Permission was therefore granted for policemen, clergymen and depot-controllers to issue them too. “

VREEMDE FEITE:

Hoewel dit die Spaanse Griep genoem word, is dit waarskynlik nie waar die virus ontstaan het nie. Dit is die Spaanse Griep genoem omdat die koerante in Spanje, ‘n neutrale land tydens WWI met geen oorlogsensuur in die media nie, eerste daaroor berig het. Die oorsprong is waarskynlik in die VSA , waar in Maart 1918 die eerste gevalle aangeteken is op die militêre basis Fort Funston in Kansas.

Wat dit anders as ander griepvirusse gemaak het, was die ongewone hoë getal mense wat daarvan gesterf het

Die vreemdste van die Spaanse Griep is dat die hoogste steftesyfer in die ouderdomsgroep 14 tot 21 jariges was, diegene met die sterkste immuunstelsel. In die geval van gewone griep is die grootste risiko gewoonlik onder bejaardes en jong kindertjies. Tydens die Groot Griep is jong gesonde mense onverklaarbaar die swaarste getref.

Die virus was op sy gevaarlikste tydens die noordelike herfs en winter van 1918, tussen September en Desember dus. Dit is in hierdie tyd dat die meeste sterftes voorgekom het. Opvallend meer mans as vroue het gesterf en ras was geen faktor in die sterftesyfer nie. Onder verwagtende vroue en mynwerkers was die getal siekes opvallend hoog. Blankes gebore in Suid-Afrika was weer meer vatbaar vir die griepvirus as die blankes in Suid-Afrika wat in Europa gebore is.

Dit blyk dat daar 2 golwe was van die Spaanse Griep. Die eerste golf het in Durban begin, vroeg September 1918, ’n minder ernstige virus wat saam met soldate via die hawe van Durban die land binnnegekom het en met die treine tot in Johannesburg versprei het. Min mense het weens dié virus omgekom wat waarskynlik verklaar waarom so min Johannesburgers uiteindelik gesterf het. Daar word vermoed dat diegene wat die eerste infeksie opgedoen het gedeeltelik immuun was teen die tweede, dodelike virus.

Die tweede dodelike virus word aangeteken 13 September 1918 in Kaapstad en versprei verwoestend deur die Kaapprovinsie, die Vrystaat en Wes-Transvaal.

Net so skielik en geheimsinnig as wat die virus die mensdom getref het, het hierdie vreesaanjaende siekte verdwyn. Teen middel November was die dodetal al aansienlik minder.

SIMPTOME

Die aanvang van die siekte was baie skielik. Binne ‘n paar ure het ‘n person verval van ‘n gesonde toestand tot kragteloosheid, sodanig dat hulle nie in staat was om te kon loop nie. Mense kon in die oggend gesond wees en teen die aand sterf.

Siekes het stadig versmoor weens die opbou van vloeistof in die longe. Hulle gesigte het blou geword met pers blase, hees stem, swak asem en hoes bloederig. Vandaar die verwysing as die Blou Dood.

Algemene swakheid.

Ergere pyn in spiere, rug en gewrigte. Hoofpyn. Geweldige koors wat nie gebreek kon word nie wat siekes wilde aanvalle van delirium gegee het.

Diegene wat oorleef het, het ergere angs en vrees en post griep depressie beleef.

29 September 1918 : ‘n Dokter gestasioneer by Camp Devens, militêre basis wes van Boston beskryf in ‘n brief aan ‘n mede-dokter: “ Die manne begin met – wat lyk na ‘n aanval van la grippe of griep te wees – word na die hospitaal gebring waar dit baie vining ontwikkel in die mees taai tipe longontsteking wat ek nog ooit gesien het. Twee uur na toelating kry hulle sulke mahonie kolle op die wangbene, en ‘n paar uur later kan jy begin om te sien hoe die blou intensiteit van hul ore versprei oor die gesig, totdat dit moeilik is om die gekleurde mense van die wit te onderskei. Dit is net ‘n kwessue van ‘n paar uur tot die dood kom, en word net ‘n stryd om lug totdat hulle versmoor. Dis ‘n verskriklike dood!” p31 Swart Oktober van 1948-19 Chris Meyer.

Bronne:

Wikipedia;

Die Wagtoring 1 Desember 2018;

SWART OKTOBER van 1918-19 ONS MAG NIE VERGEET NIE! Chris Meyer;

‘BLACK OCTOBER’: THE IMPACT OF THE SPANISH INFLUENZA EPIDEMIC OF 1918 ON SOUTH AFRICA By Howard Phillips, BA Honours (UCT), MA (London). A Thesis Presented in the Department of History, University of Cape Town in Fulfillment of the Requirements for the Degree of Doctor of Philosophy 1984

BRON: Die Wagtoring Saturday, 01 December 2018

Gedenkplaat opgerig – Groot Griep 1918

Deur : Francois de Kock

Sommige van ons onthou nog, of is bewus van, die gevreesde en dodelike siekte “Die Groot Griep van 1918” wat tot duisende streftes landwyd gelei het. Ook Montagu het nie die siekte en sy vernietigende gevolge vrygespring nie.

In baie dorpe was dit die gebruik dat diegene wat aan die siekte gesterf het, uit respek op kerkterreine ter ruste gelê was. Hier terplaatse was die grafte in die suid-oostelike hoek van die kerk gronde, maw die hoek naaste aan die huidige poskantoor.

Gedurende 1961/ 62 het die toenmalige munisipaliteit besluit om Bloemstraat van ‘n baie smal systraat tot die huidige bree tweerigtinstraat met middelmannetjie of eiland, te vergroot. ‘n Smal strook van die kerkgrond is vir die verbreding van die straat bekom.

Tydens die uitgrawing en grondverskuiwing het Dokter Charlie Muller van in ‘Airlies’ die huidige gastehuis skuins regoor gewoon het, die werksaamhede gestop het. Met verwysing na die Groot Griep het hy die aandag gevestig op die dodelike siektekieme wat daar begrawe gelê het. Hy het die gebied beveilig deur dit met ‘n wit, kalkagtige poeier te bestrooi.

Die beendere is toe verder opgegrawe en in ‘n “grafkelder” in die ou kerkhof begrawe. Die middelmannetjie is as ‘n gedenktuin aangelê ter herrinering aan diegene wat aan die griep gesterf het, maar ook ter nagedagtenis aan die herbegrawing van die gestorwenes.

Daar was egter geen grafsteen of gedenkplaat by die gedenktuin of enige geskrifte beskikbaar wat na hierdie stukkie geskiedenis verwys nie. Die skrywer van hierdie artikel, Francois de Kock, het onlangs met die munisipaliteit onderhandel om ‘n Gedenkplaat by die gedenktuin asook ‘Grafkelder’ aan te bring aangesien dit vamjaar die 100ste herdenking van die tragiese gebeure is.

Hierdie inligting is in gesprek aan Francois verstrek deur wyle Mnr Cloete, destyds ‘n werknemer van die ou Afdelingsraad op Montagu. Francois beywer homs steeds om meer inligting oor raadsbesluite uit die argief in Kaapstad te bekom.

Groot Griep 1918

September 1918

Eerste gevalle van Spaanse Griep in SA aangemeld.

SWART OKTOBER 1918 IN SUID-AFRIKA:

Deel 2

(Eggsa: Bydrae deur K. Ströh 2020)

Die Groot Griep van 1918 is een van die grootste rampe wat Suid-Afrika nog ooit getref het.

Amptelike syfers toon dat in Suid-Afrika minstens 140 000 mense gesterf het en 2.6 miljoen mense was siek agv griep uit ‘n totale bevolking van 6 miljoen gedurende September-Oktober 1918. Hierdie syfers is egter slegs beramings aangesien daar nie volledig boekgehou kon word gedurende hierdie vreeslike tyd nie, veral nie op die platteland of afgeleë gebiede nie, aangesien alles in die land feitlik tot stilstand gekom het.

DIE GOUDMYNE VAN DIE WITWATERSRADND

Die myne word swaar getref. Sonder vooraf waarskuwing word op 18 September 1918 die eerste siekgevalle aangemeld onder swart mynwerkers by goudmyne aan die Witwatersrand. Dit word eers later herken as Spaanse Griep. Binne ‘n paar dae het die siekte versprei na al die myne op die Rand . Tydelike hospitale moes opgerig word aangesien die mynhospitale oorvol geraak het. Teen 27 September 1918 was reeds meer as 14 000 gevalle aangemeld, wit sowel as swart mynwerkers.

Aanvanklik was die griep in ‘n redelike ligte vorm, siekes herstel vinnig en slegs ‘n paar sterfgevalle. Die eerste golf van die Groot Griep het die Rand getref, die mindere dodelike stam van die virus .

Die myndokters het besef hoe kwesbaar die mynwerkers was agv werksomstandighede en verblyfsomstandighede en het dadelik monsters geneem van bloed en sputum om vas te stel wat die oorsaak is en hoe om te voorkom dat siekte so geweldig versprei.

Myn amptenare het ook dadelik voorsorgmaatreëls in plek gestel aangesien die siekte so vinnig en met mening toeslaan. ‘n Waarskuwing is uitgereik dat persone wat direk verantwoordelik is vir die lewens van andere, dadelik moet aanmeld as hulle enige ongewone simptome ervaar terwyl hulle aan diens is. In besonder die persone wat die hysbakke in die skagte hanteer, hulle mag nie die hysbakke hanteer as hulle nie absoluut normaal voel nie.

Hierdie waarskuwing het egter nie gehelp. 1 Oktober 1918 toe W E Hill van die East Rand Proprietary Mines (ERPM) (Witwatersrand, Boksburg, Ooste van Johannesburg ) ‘n hysbak met 41 swart mynwerkers na die oppervlakte toe moes bring, raak hy skielik sonder enige vooraf waarskuwing verlam. Magteloos om die hysbak te stop, moet hy toesien hoe die hysbak buite beheer bo bots teen die hoofraam en dan die dieptes inval, 20 gedood en 8 beseer.

In sy tesis ‘BLACK OCTOBER’: THE IMPACT OF THE SPANISH INFLUENZA EPIDEMIC OF 1918 ON SOUTH AFRICA By Howard Phillips, BA Honours (UCT), MA (London). A Thesis Presented in the Department of History, University of Cape Town in Fulfi1ment of the Requirements for the Degree of Doctor of Philosophy 1984 beskryf H Phillips as volg:

“ This warning proved in vain. At 3.30am on 1 October, as he was hoisting a cage with 41 Black miners to the surface at the ERPM mine, Driver W E Hill was paralysed by a sudden attack of Spanish ‘flu. As he sat before his controls, ‘powerless to act, a multitude of lights exploding before his eyes’, the cage went on being raised until it hit the top of the headgear and plummeted back to earth from a height of one hundred feet. It smashed onto the collar of the shaft, killing twenty of its occupants and injuring eight. The official inquiry into the accident did not find Hill to have been ‘criminally neglectful, but in view of the shock to his nervous system and owing also to the lack of knowledge of the possible after-effects of Spanish influenza on a person who has contracted the malady’, it felt he should not resume his job for at least a month, and then only if the mine’s medical inspector certified him fit to do so.’”

In SWART OKTOBER VAN 1918-1919. ONS MAG NIE VERGEET NIE! Van Chris Meyer beskryf C Meyer die ongeluk as volg: p68

“ DIE SPAANSE DAME SLAAN TOE! DIE MYN ONGELUK:

William Hill was ‘n man met nege jaar ondervinding op ‘n Oos-Randse Myn. Hy het by die kontroles van die hyskamer gewerk wat die myners na bo hys. Dit was ‘n nagskof en roetine werk, maar Hill was ‘n wakker man. Hy merk die berig op die kennisgewingbord in die masjienkamer wat so tien dae tevore opgesit is, ‘SPAANSE GRIEP – Indien ‘n hysmasjien drywer enigsins ongemaklik voel, moet hy onmiddelik stop met ophysing en die banksman in kennis stel.’ Dit was drie uur in die oggend van 1 Oktober 1918. Hill voel goed en gaan voort met sy werk.

In sy boek, The Plaque of the Spanish Lady, beskryf Richard Collier hoe sonder enige waarskuwing ‘n yssweet oor Hill se liggaam begin uitslaan. Sy ledemate voel lewensloos. Terwyl hy na die hyshefboom vat, ontstaan daar duisende sterretjies voor sy oë. Bankman Carl Calitz kyk hulpeloos na die hysbak soos dit verby hom flits na die oorhoofse hyswiele. Waarskuwingsklokke lui, maar die enigste man wat kan keer dat die hysbak teen die hoofraam gaan bots, lê vooroor in die hys-masjienkamer met sy hand wat nutteloos op die rem hefboom rus. Sekondes later word die hysbak in stukke uitmekaar geruk deur die slag, en tuimel 30 meter na benede en bots teen die houtraamwerk van die skag se bek. Negentien mans is op slag dood en ‘n verdere 19 lê op die bankarea en bloei. Collier skryf hoe Hill, deurmekaar en vaagweg bewus van wat gebeur het, op sy voete steier en na ‘n dokter soek. Tydens die ondersoek was hy van alle blaam onthef, hy was die myn se eerste slagoffer van die Spaanse Griep.”

Die Griep het met mening begin toeslaan op die myne Oktober 1918. Tussen 5 en 8 Oktober sterf 211, 203 sterf 9/10 Oktober, 220 tussen 16 en 22 Oktober. Minstens 1147 het teen November gesterf. Veral die swart mynwerkers word geterf. In die 6 weke tydperk is 61 000 van die 190 000 mynwerkers in hospitale opgeneem en behandel. Dit het veroorsaak dat myners gevlug het terug tuislande toe en so die Griep nog verder versprei het.

In sy tesis ‘BLACK OCTOBER’: THE IMPACT OF THE SPANISH INFLUENZA EPIDEMIC OF 1918 ON SOUTH AFRICA By Howard Phillips, BA Honours (UCT), MA (London). A Thesis Presented in the Department of History, University of Cape Town in Fulfillment of the Requirements for the Degree of Doctor of Philosophy 1984 beskryf H Phillips as volg: p19

“Many of those mineworkers who left the Rand to return home must have gone through grim experiences. Numerous deaths occurred on the road or in the veld as groups made their way homeward on foot. A farmer in the Graskop district reported that it was quite common ‘to come across natives all along the road just left to die. He had seen ‘gangs of natives fleeing in terror from a sick boy lying in the road’. To him it seemed that, ‘if an ailing native is unable to proceed farther he is simply abandoned by his friends or brothers who may happen to have been accompanying him.

Aboard the packed trains on which ‘there were frequent occurrences of natives being carried off in a dying condition, conditions in the Black coaches must have been horrific. On one such train the ticket-collector refused to enter these carriages ‘because there was so much illness there’. When another passenger went in, he found ‘it was a ghastly mess.

An equally chilling picture is conjured up by De Burger’s Pietersburg correspondent who wrote that corpses of Blacks ‘word langs die spoor van die treine gehaal tot by Messina ‘ .

Indeed, so bad did conditions on these trains become that in the middle of October the NRC arranged for hastily equipped hospital coaches to be attached to trains carrying large numbers of Blacks to or from the Rand. Supplied with basic medical requirements, each of these was manned by one White orderly and four Black attendants. Soup kitchens and a coffee-stall to dispense free sustenance to Black passengers were also set up at main stations en route. “

SPAANSE DAME TAAN:

Net so skielik en geheimsinnig as wat die virus die mensdom getref het, het hierdie vreesaanjaende siekte verdwyn. Teen middel November 1918 was die dodetal al aansienlik minder.

Spaanse dame het gewyk, maar ‘n duidelike waarskuwing agtergelaat vir geslagte na haar. Wees voorbereid. Moet nooit gerus raak nie.

Ks

Bronne:

‘BLACK OCTOBER’: THE IMPACT OF THE SPANISH INFLUENZA EPIDEMIC OF 1918 ON SOUTH AFRICA By Howard Phillips, BA Honours (UCT), MA (London). A Thesis Presented in the Department of History, University of Cape Town in Fulfillment of the Requirements for the Degree of Doctor of Philosophy 1984

SWART OKTOBER VAN 1918-1919. ONS MAG NIE VERGEET NIE! Van Chris Meyer

Maak 'n opvolg-bydrae