Die Koöperatiewe Gedagte / WERK EN WEN / OTK / Bronkhorstspruit / Coert Steynberg

Werk en Wen

Die Koöperatiewe Gedagte

Werk en Wen

OTK

Agri Graan

Coert Steynberg

Bethal

Bronkhorstspruit

BETHAL en die OTK

Bethal is ñ landboudorp in Mpumalanga. Gestig in 1880 op die plaas Blesbokspruit. Die dorp is vernoem na die vrouens van die plaaseienaars, ElizaBETH du Plooy en ALida Naude.

Bethal distrik is van 1908 tot 1918 bedien deur die Bethal Ko-operatieve Landbouw Vereeniging.

1914 was oorlogstye, die binnelandse markte het getuimel, boere het swaargekry en groot finansiële probleme het ontstaan.

Agv slegte skuld is hierdie verening onder likwidasie geplaas.

Die behoefte aan samewerking en om bymekaar te staan het sterker en sterker by die produsente en boere in die distrik geword.

Die gedagte is nouer samewerking in die vorm van ñ koöperasie.

5 April 1923 vergader 150 boere van die distrik en stig weer ñ koöperasie in Bethal: Die Oostelike Transvaalse Landbou Ko-operatiewe Vereniging. (OTK).

Uit feitlik niks bou hulle ñ besigheid, sonder kapitaal en kantore, in ñ tyd waar wantroue hoogty vier.

Die beginjare is worsteljare.

Die Groot Depressie (1930-1933) breek aan. Dalende mieliepryse dryf al hoe meer produsente koöperasie toe.

Hierdie baanbrekerswerk lewer vrugte op. Die ledetal groei. ñ Tydperk van groei en groot vooruitsigte volg.

1936 word Voortrekkerwinkels geopen, koopplekke is noodsaaklik. Met die amptelike opening maan Dr JD Kestell: ” Ons moet saamstaan, saamwerk met die God van ons vaders voor oë”.

KOERT STEYNBERG BEELD VOOR DIE OTK BETHAL

Met die Koöperatiewe Gedagte van saamstaan en saamwerk ontwerp Coert Steynberg hierdie besonderse monument.

Kyk gerus die samewerking tussen die twee werkers.

Die keuse Werk en Wen.

Saamwerk en wen.

Koert Steynberg is ñ internasionaal bekende beeldhouer.

Gebore 7 Januarie 1905 in distrik Pretoria.

Op 4-jarige ouderdom verhuis hy na Bethal waar sy pa in distrik kom boer.

Op Bethal word hy groot en matrikuleer aan die plaaslike skool.

Daarna gaan studeer hy kuns aan die Rhodes University in Grahamstad.

Hy is bekend vir groot werke soos bv die lewensgrootte Granietwa by Bloedrivier.

Oorlede op 77- jarige ouderdom te Pretoria.

Koert Steynberg het nou bande met Bethal gehad.

BEELD VIND ñ VEILIGE RUSPLEK OP BRONKHORSTSPRUIT

OTK verander na Agri Graan.

Uit kommer vir veiligheid van beeld en dreigemente van vandalisme word die beeld stil-stil verskuif na Bronkhorstspruit. Netjies versorg, omring met pragtige grasperke, veilig omhein pryk die beeld nou voor die silo’s op Bronkhorstspruit.

Die boodskap nog net se helder en duidelik:

“Werk en wen.”

“Ons moet saamstaan, saamwerk met die God van ons vaders voor oë”.

Bronne: OTK, Internet, Bethal Geskiedenis. Peet Schabort

Foto’s: Internet. Facebook. Jan-Danie Malan Peet Schabort

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae