Goeiehoek / Voortrekkergrafte / Suikerbosrand / Jacobs / Van der Westhuizen

Goeiehoek

Goedeverwachting

Voortrekkergrafte

Tussen Vereeniging en Heidelberg

Suikerbosrand

Ou Transvaal

Voortrekkergrafte op Goeiehoek

VOORTREKKERLEIER:

Kommandant Pieter Daniel JACOBS was ñ Voortrekkerleier.

Gedoop te Stellenbosch 5.11.1780

Oorlede Suikerbosrand 12.8.1845.

Trou 28.10.1804 te Kaapstad met Maria van Wyk. Gebore 15.1.1785

Oorlede Goedeverwachting distrik Vereeniging

11.12.1853

PD JACOBS het gewoon en op Slangefontein, Nuweveld, Beaufort, ñ groot veeboer met minstens 12 plase en ñ paar erwe.(1830)

Hy was ñ bekende welvarende veldkommandant van die Nuweveld.

April/Mei 1838 het hy ñ trekgeselskap, bestaande uit familie en vriende, gelei uit Beaufort. Hy het een van grootste trekke gelei met sowat 60 kommandolede.

Hoewel hy nie deel van die eerste 1835/1836 trekkers was nie, haas hy hom om die Trekkers in Natal te gaan help teen die Zoeloe aanvalle.

Aanvanklik het hy Natal toe getrek, maar nie lank daar gebly nie. Sy familie het hy eers langs die Caledonrivier gelaat, ter wille van hulle veiligheid.

PD Jacobs se trek sluit later by Retief en Maritz se trekke aan.

Hy en sy seuns neem deel aan die Slag van Bloedrivier, Pieter D Jacobs snr as Kommandant.

Na die Slag van Bloedrivier trek hulle binneland in.

Junie 1839 word die plaas Dorenkop aan die Mooirivier, distrik Potchefstroom in sy naam geregistreer.

Ongeveer 1839/1840 vestig hy en sy gesin hulle aan die Suikerbosrand, distrik Heidelberg. Die plase Blinkpoort, Jaagfontein en Nooitgedacht is 15.1.1840 op sy naam aangeteken. Die plaas Goedeverwachting was hulle woonplaas en hy en sy vrou is daar begrawe.

VOORTREKKERGRAF

Nicolaas Jacobus Gerhardus VAN DER WESTHUIZEN

Gebore 30.6.1815

Sterf 9.1.1869

Trou 22.4. 1838 met Johanna Aletta JACOBS te Beaufort. Sy is gebore 13.11.1819 en gedoop 23.4.182p te Beaufort. Sy sterf 30.7.1888 te Goedeverwachting.

Hy was op Beaufort woonagtig en het Mei 1838 saam met sy skoonvader, die trekleier, PD JACOBS getrek die binneland in.

Die egpaar het ook op die plaas Goedeverwachting, distrik Vereeniging , aan die Suikerbosrantrivier gewoon. Foto’s van hierdie egpaar is in die Gedenkboek van die NH gemeente Heidelberg (SP Engelbrecht)

ONTHULLING EN KRANSLEGGING 5 tot 7 Januarie 1940.

Tydens ñ familiefees word daar ñ Jacobs Familiefees op die plaas Goedeverwachting gehou.

Die familie en vriende loop in ñ optog vanaf die woonhuis na die begraafplaas waar hulle ñ besonderse hekkie onthul, ñ klipstapel pak en kranse op die grafte lê. Die plaas bergraafplaas word omhein met ñ klipmuur.

Hannelie Malan, ñ agterkleinkind van die Trekleier Komm Jacobs besit foto’s en ñ program van hierdie besonderse geleentheid.

GEDENKSTEEN

Die sandsteen grafstene verweer vinnig en raak bykans onleesbaar.

1983 word nuwe grafstene of gedenkstene deur die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede in die begraafplaas opgerig en erkenning gegee aan hierdie dapper Voortrekkers en Pioniers. Die begraafplaas kry erkenning as Nasionale Gedenkwaardigheid.

Die oorspronklike grafsteen in die SP Engelbrecht Kerk Museum van die Hervormde Kerk in Elofsdal Pretoria.

Buiten die Jacobs Familiegrafte is daar ongemerkte grafte ender gemerkte grafte is bv Du Preez en Greyling (vermoedelik ñ halfbroer van Debora Retief. )

SKOONMAAK EN HERSTEL

April 2023 is begraafplaas erg oorgroei en verwaardloos.

Die FAK Vaaldriehoek Kultuurnetwerk spring in en na baie harde werk is begraafplaas weer in redelike toestand en die besonderse ou hekkie mooi oopgesny.

(Dankie Okkie Jooste SAWV Kiewiettak vir die reëlings).

Bronne: FAK, SP Engelbrecht Kerk Museum, Voortrekkerstamouers 1835-1845 Jan C Visagie

Hannelie Malan (agterkleinkind van Komm Jacobs)

Carel Johan de Bruyn

Jan C Cloete

Foto’s: Voortrekkerstamouers Jan C Visagie

Okkie Jooste Junie 2023

Hannelie Malan (agterkleinkind van Komm Jacobs)

Gys Ströh snr April 2023

Maak 'n opvolg-bydrae