Suid-Afrikaanse Lugmag / SAAF

1 Februarie 1920

Die Suid-Afrikaanse Lugmag gestig.

SAAF

1912

Genl Jan Smuts sien die behoefte en noodsaaklikheid van ñ lugmag vir militêre doeleindes in Suid-Afrika.

Hy stig ñ vliegskool naby Kimberley en 1913 begin die opleiding. Aanvanklik net ñ beginnerskursus waarna die uitstaande studente na Brittanje gestuur word vir verdere opleiding.

2 Junie 1914 kwalifiseer die eerste Suid-Afrikaanse militêre vlieënier.

WWI

Met uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog stig die Unie Weermag die SAAC (South African Aviation Corps) met die oog op verdediging.

Vliegtuie word aangekoop vanuit Frankryk en ñ lughawe opgerig in Walvisbaai.

Die eerste operasionele Duitswes-Afrika in gebruik 1915 was by Karibib.

Eers is vliegtuie gebruik om pamflette oor gebied te strooi, maar later is bomme en handgranate (op kreatiewe maniere) met die hand afgegooi op vyande ter ondersteuning van Brittanje in sy stryd.

Na 1918

Na die Eerste Wêreldoorlog skenk Brittanje surplus vliegtuie en voorraad aan verskeie Statebondlande.

Suid-Afrika ontvang 113 vliegtuie.

1920

Kolonel Pierre van Ryneveld word aangewys om ñ lugmag te vestig en 1 Februarie 1920 word die Suid-Afrikaanse Lugmag gestig. SAAF Southafrican Airforce.

Gestig as onderdeel van die Suid-Afrikaanse Weermag.

Leuse: Latyn Per Aspera ad Astra. Reik na die sterre. Deur ontberings na die sterre.

Hoofkantoor in Pretoria.

Die eerste groot optrede 1922 tydens die Mynwerkersopstand toe hul in opdrag geboue gebombardeer is waarin die mynwerkers geskuil het.

Suid-Afrikaanse Lugmag

Die Suid-Afrikaanse Lugmag was in verskeie oorloë betrokke en het vrees en respek afgedwing met hulle uitsonderlike dapperheid en vernuf.

Hulle was deeglik opgelei en toegerus om bystand en hulp te verleen asook om te verdedig en aan te val.

WWII

SAAF speel ñ sleutelrol tydens die oorlog, veral in die Noorde van Afrika tussen 1941 en 1943.

342 vyandelike vliegtuie word aangeval en vernietig.

Aan die kus is hul taak om die seeroete om die Kaap te beskerm.

17 vyandelike skepe onderskep, 26 duikbote aangeval en 437 drenkelinge gered van skepe wat gesink het.

GRENSOORLOG 1966-1989

Die Suid-Afrikaanse Lugmag onderskei homself as van die beste ter wêreld.

Aktief betrokke by oorgrensoperasies en bystand aan grondaanvalle.

1990

Na 1990 het Suid-Afrikaanse Lugmag se sterkte afgeneem en talle vliegtuie is buite aksie gestel.

Van die eens glorieryke Suid-Afrikaanse Lugmag is slegs ñ skadu oor.

Die Suid-Afrikaanse Lugmaggedenkteken is opgerig om alle lugmaglede wat hul lewens verloor het in oorlogstyd en in vredestyd in diens van die Lugmag

Foto’s uit persoonlike album. Vlerkies speel groot rol in familie vanaf Ouma se broer Dawie Nel WWI, van vader Joshua Benjamin HAARHOFF (Lugmag 1948-1955 Werktuigkundige) tot seun Joshua HAARHOFF (Valskermbateljon Grensoorlog 1980+ ).

Maak 'n opvolg-bydrae