Quo Vadis Monument / Voortrekkermonument Pretoria / Jan Smuts Lughawe / In Vlug

Die Quo Vadis Monument

In Vlug Monument

Voortrekkermonument

Pretoria

IN VLUG : JAN SMUTS LUGHAWE

Hierdie beeldhouwerk is ontwerp deur die bekende kunstenaar Danie De Jager aanvanklik vir die internasionale lughawe, Jan Smuts Lughawe.

1971 was Danie de Jager wenner van ñ kompetisie wat aangebied was om ñ beeld vir Jan Smuts Lughawe te ontwerp.

Die beeld is gemaak van ñ allooi mengsel met koper oorgeblaas.

Die draaiende metaalstroke wat nouer en wyer inmekaar vleg om twee figure 8 te vorm simboliseer ñ vlug deur die ruimte sonder vertrekpunt of landingspunt.

Die 2 sfere draai om hulle eie as met een omwenteling per minuut. Die naam van die beeld was gepas vir ñ besige internasionale lughawe “IN VLUG”.

Hierdie In Vlug Beeld het in die ingangsportaal van Jan Smuts Lughawe gepryk van 1971 tot 1998.

Tydens opgradering van die lughawe is die beeld verwyder en gestoor, waar ongelukkig dele daarvan gesteel is.

Die oorblywende dele is toe na Danie de Jager se plaas net buite Hartebeespoort geneem waar dit herstel is

QUO VADIS BEELD VOORTREKKER- MONUMENT PRETORIA

Die “In Vlug” beeld is herstel deur verskeie instansies.

Danie de Jager se weduwee het die beeld geskenk waarna dit by die Voortrekkermonument Pretoria heropgerig is en onthul is Februarie 2013.

Die beeld is toepaslik hernoem as Quo Vadis.

Quo Vadis ñ Latynse spreek wat vra: Waaheen nou?

Die woorde Quo Vadis het bekend geraak toe die destydse Eerste Minister, Dr DF Malan, sy toespraak by die inwyding van sie Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 afgesluit het met die woorde:

“Quo Vadis Afrikaner?” Waarheen nou Afrikaner?

Met die fokus op die Afrikaner volk se toekoms.

Hierdie Quo Vadis beeldhouwerk is toepaslik in lyn met die Voortrekkermonument opgerig, aan die noordelike kant. Simbolies vir die voortdurende voortsetting van die Groot Trek van Voortrekkers.

Bronne:Internet. Facebook. Pretoria Historia Julie 2022.

Foto’s: Internet. Gys Ströh snr Junie 2023

Nicky Jansen van Vuuren Junie 2023

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae