Saddle Tank Lokomotief / Vereeniging / Teknorama

Saddle Tank Lokomotief

Vereeniging Teknorama

Bagnall 0-4-OT Saddle Tank  Stoom Lokomotief 2588

Bagnall : Vervaardigers van lokomotiewe in Stafford Engeland

0-4-OT Dui op die wiel reëling of werkkrag ( Wheel arrangement.  0-4 Twee aste en 4  gekoppelde wiele wat aandryf. OT On Board Tank

Stoom aangedrewe

Saddle Tank: ‘n Enkele watertenk wat bo-op die ketel is. Gebruik swaartekrag om water in ketel te laat invloei soos benodig.

Hierdie Saddle Tank lokomotief in in 1938 gebou deur Bagnall en aangekoop deur Stewarts & Lloyds  in Vereeniging (vervaardigers van swaar staalprodukte, pype ens) in die laat 1930’s.  ‘n 12 “ silinder en 18” slag  (stroke) ontwerp.

Vervaardig onder die nommer 2588 met oorspronklike ketel nommer 62211. ‘n Nuwe ketel is in 1957 ingebou, nommer 4269, die nuwe Bagnall bestelnommer. (Agter op kajuit aangebring)

Die spesifieke Saddle Tank lokomotief 2588 is later deur USCO ( Union Steel Corporation ) gebruik.

1990 tree 2588 uit diens waarna hy na die Vereeniging Teknorama verskuif is.

Interessant is dat daar op die regterkant van die kajuit aangebring is wat afkomstig is van ‘n 76 lokomotief wat in 1962 geskroot is in Oos Londen.

Die strawwe  Hoëveldse wind en weer het sy tol geëis en die ou Saddle Tank Lokomotief het verwaardloos geraak.

2023 het ‘n groep liefhebbers van kultuur en geskiedenis ingespring en die ou Lokomotief mooi oorgeverf.

Foto’s: Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae