Henning Klopper / Udolpho / Ouma se Huis

17 Januarie 1895

Henning Klopper gebore

WIE WAS HENNING KLOPPER?

Een van groot name in die geskiedenis van SA: Henning Klopper

Henning Klopper is in 1895 distrik Heilbron gebore.

Henning Johannes KLOPPER (1895-1985) is op 17.01.1895 as seun van Hendrik Belzazer/Balthazar/Balthazzer Louis KLOPPER & Christina Catharina Johanna van ASWEGEN gebore en te NG Kerk Heilbron op 15.08.1895 met Van Aswegen-voorname gedoop.

Hy het sy skoolopleiding op Parys ontvang.

Op 13.03.1911, toe hy sestien was, het hy by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (nou Transnet) aangesluit.

Hy is te NH of Geref. Gemeente Jeppestown, Johannesburg op 14.01.1920 met Maria Cecilia Alberta NAUDÉ (1899-1988) in die huwelik bevestig en twee seuns en drie dogters is uit hul huwelik gebore.

Hy was in 1918 stigterslid en die 1e voorsitter van die Afrikaner Broederbond

In die middel 1920’s was Klopper die eerste welsynswerker wat op versoek van Mabel Jansen Natal toe gekom het om welsynwerk onder die spoorwegamptenare te doen.

Hy het in 1930 die eerste tak van die ATKV (SAS & H) op Volksrust gestig. Op ’n buitengewone kongres wat op 2.10.1933 in Bloemfontein gehou is, is Henning Klopper tot die voorsitter van die ATKV verkies. Hy is in 1933 aangewys as die 1e Voorsitter van die ATKV .

In 1937, op die sewende kongres van die ATKV, is hy tot hoofamptenaar verkies. Onder sy bestuur het die ATKV die plaas ‘Hartenbosch’, ongeveer agt kilometer van Mosselbaai, gekoop om as vakansie-oord in te rig vir spoorwegamptenare.

In 1938 is Henning Klopper aangewys as die hoofleier van die 1938-Simboliese Ossewatrek. By al die groot feeste landswyd het hy toesprake gelewer en die boodskap van Afrikanereenheid oorgedra.

Op 7.07.1943 tree hy uit by die Spoorweë toe hy as LV (Lid van die Unie-Volksraad) vir Vredefort verkies is.

Speaker en Voorsitter van die Unie-Volksraad. Henning Klopper was van 20 Januarie 1961 tot 1 Augustus 1974 Speaker van die Volksraad en die Parlement,

Na sy ʼn lang loopbaan en aktiewe betrokkenheid in die Afrikaner-wêreld het Henning Klopper afgetree op sy geliefde plaas Udolpho net buite Parys.

Hy sterf te Parys op 20.11.1985 in die ouderdom van 90 jaar.

Die Statebybel van Henning Klopper is, saam met ’n eksemplaar van Jan van Riebeeck se dagboek, ’n afskrif van die Piet Retief-Dingaan-traktaat, ’n afskrif van die Gelofte van 16 Desember 1838 en ’n afskrif van die Stem van Suid-Afrika met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument agter die hoeksteen toegemessel.

Henning Klopper se behoefte om ʼn bydrae te lewer en ander te help het egter nie by sy aftrede gestop nie.

Sy plaas, Udolpho word ontwikkel tot ñ Kultuurplaas en word benut tot voordeel van Afrikaners en Afrikaner-kinders.

Udolpho is tans onder FAK bestuur en opwindende programme word daar aangebied soos kampe, skyngevegte, herdenkings en baie nuwe planne en ontwikkeling word nog beplan.

‘n Saal op die terrein van UDOLPHO RIVIERPLAAS, die FAK se rivierplaas, aan die Vaalrivier, word die Henning Klopper-saal genoem.

Henning Klopper se huis op Udolpho is omskep in ñ museum: Ouma se Huis .

Samesteller Kobie Ströh

Foto: Gys Ströh Snr

Maak 'n opvolg-bydrae