Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 28 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Bloukrans, Weenen en Moordspruit

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 28

Die Groot Trek

1836 -1838

Bloukrans, Weenen en Moordspruit

“Paul, Pappa sê ons noem hierdie plek nou Weenen want ons mense huil en ween hier. Die spruit waar die mense vermoor is deur die Zoeloes se naam is nou Moordspruit.”

“Ja Sussie, hierdie plek sal ons nooit vergeet nie.

Meer as 500 van ons trekkers is hier in een nag vermoor.

Eendag sal ons terugkom en mooi grafte vir die mense maak.

Dalk ń monument vir hulle hier bou.

Ons mag hierdie dapper mense nooit vergeet nie.”

“Pappa sê daar was darem baie dapper helde daardie nag.

Wat is ń held nou weer?”

“Jy sien Fientjie, ń held is iemand wat baie dapper is en ander se lewens red.

Mense soos Oom Daniël Bezuidenhout. Hy het gaan kyk hoekom blaf die honde so en in die maanlig gesien hoe die Zoeloes die honde met assegaaie doodsteek. Hy het teruggehardloop waens toe om die ander te waarsku, maar dit was te laat.

Self het hy en sy 14 jarige boetie Hans tussen die beeste gaan wegkruip maar die Zoeloes het hulle ongelukkig daar gesien.

Hans het ń perd gevang en kon wegjaag.

Daniël is swaar gewond maar kon ook met ń perd wegkom. Hy het al bloeiende gejaag van laer na laer om die mense te waarsku.”

“Boetie as dit nie vir sulke dapper mense was nie sou die Zoeloes ons ook doodgemaak het.”

“Dit is waar. Hulle het ons tyd gegee om gou laer te trek en gewere te laai. Toe die Zoeloes kom was ons reg om terug te veg.

Hulle het ons lewens gered. Hulle is helde.”

“Paul as ń held iemand is wat veg en ander se lewens red is julle almal mos ook helde!”

“Sussie, ek dink ons almal hier is helde. Ons hardloop nie weg nie, ons veg saam. Tot julle kinders help.”

“Maar ons is baie bang”

“Ek weet. Onthou, helde is ook bang.

ń Held is bang en weet sy eie lewe is in gevaar. Maar hy dink net aan die ander. ”

“Paul, wanneer kom Oom Piet Retief nou terug? Ons het hom nodig hier.

Hy sal weet wat moet ons nou doen na al die vreeslike moorde hier by Bloukrans.”

“Sus Fientjie, enige tyd nou. Hulle bly darem nou al lank weg.”

“Ons moet nou net bymekaar bly en laer trek.

Die Zoeloes is nog hier in die bosse.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae