Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 29 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Piet Retief

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 29

Die Groot Trek 1836 -1838

Piet Retief

” Paul, Paul! Wat nou weer aan? Hoekom huil en skree die mense so?

Mamma sorg dan so mooi vir al die gewondes, hulle word elke dag beter.”

“Sussie, ń oom het nou net met ń vreeslike boodskap hier aangejaag gekom.

Dingaan het vir Oom Piet Retief en al die mans wat saamgegaan het vermoor!”

“Boetie, dit kan mos nie wees nie!

Al 100 mans?

Oom Piet Retief het dan vir Dingaan al sy beeste teruggevat wat Sekoneyla en sy mense gesteel het.

Dingaan het dan op ń papier geteken dat ons hier kan bly as Oom Piet Retief sy beeste gaan haal en terugbring.”

“Ek weet Sussie. Dingaan is ń wrede verraaier, ń skelm.

Hy het al die manne in sy kraal laat ingaan. Hulle mag nie hulle wapens in die kraal geneem het nie. Hulle moes hulle gewere buite los.

Binne die kraal het Dingaan se mense vir die trekkers hulle Zoeloedanse gewys.

Skielik het Dingaan geskree: MAAK DOOD DIE TOWENAARS!

Die Zoeloes het hul assegaaie uitgepluk waar hulle dit weggesteek het en die manne aangeval.

Die manne het hard terug baklei, maar die Zoeloes was te veel.

Hulle het die manne na ń koppie buite die kraal gesleep en daar doodgeslaan.

Oom Piet Retief was heel laaste doodgeslaan.

Hy het gesien hoe al sy manne doodgeslaan word, tot sy eie seuntjie wat saamgegaan het. ”

” Boetie. Dit is vreeslik. Kon niemand hulle help nie?”

” Nee Fientjie. Net die sendeling, Eerwaarde Owen, wat naby Dingaan se stat Ungungundlovu gebly het, was naby. Hy het alles gesien, maar kon nie help nie.

Hy het juis die boodskapper met die vreeslike nuus gestuur.

Nou weet ons Dingaan het sy mense gestuur om ons almal ook dood te kom maak nadat hy Oom Piet Retief en almal by hom dood gemaak het.”

” Dingaan is ń wrede moordenaar! Wat nou?Wat gaan ons nou doen? ”

“Oom Gerrit Maritz sê ons moet dadelik almal bymekaar laer trek.

Almal moet hulle waens daar by hom teen die rivier teenmekaar trek.

Ons moet met pale en sooie ń muur bou om die waens.

Ons moet gewere regkry en koeëls maak.

Ons moet reg wees as die Zoeloes weer kom.”

” Paul, Oom Piet Retief het nogal voor hy vertrek het gesê ons moet bymekaar bly. D

it is veiliger so.”.ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae