Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 30 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Sooilaer

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 30

Die Groot Trek 1836 -1838

Sooilaer

“Paul, is die Zoeloes nou weg?

Ons moes darem hard veg om hulle weg te hou. Hulle is so baie. Ek was so bang ons ammunisie raak op.

Vir 2 dae lank het hul net aanhou storm.

Ek is bly ons kon hulle darem van die waens af weghou.

Ek is moeg. Ek is honger. Ons het nou vir dae lank net beskuit kon eet.”

“Ai, Fientjie. Ek hoop die Zoeloes het nou gevlug.

Ons kry swaar. Hier is nou soveel weduwees en weeskinders na al die moorde.

Ons kos is min, maar ons moet deel.

Ons sal mekaar moet help.

Gelukkig kon ons darem ń paar skape terugkry toe ons die Zoeloes teruggejaag het oor die rivier.”

“Gelukkig het Oom Maritz ons hier bymekaar gehou en vir die ander trekkers gesê hulle moet hier saam met ons kom laer bou.

Hy is darem ń slim leier.

Die wal van grond en pale wat hy ons vinnig laat maak het rondom die waens was darem ń slim plan.”

“Ja, die dubbel laag sooie het ons baie gehelp en die Zoeloes bietjie gekeer.

Ons noem hierdie laer nou die Sooilaer.”

“Wat gaan ons nou doen?

Ons kos is min.Ons beeste is gesteel.”

“Fientjie, moet nie bekommerd wees nie.

Oom Gerrit Maritz sal ń plan maak.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae