Kinderlewe in Suid-Afrika / Deel 27 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Marthinus Prinsloo

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 27
Die Groot Trek
1836 -1838
Marthinus Prinsloo

“Boetie Paul,  wat is ń held?
Pappa sê Oom Marthinus  Prinsloo is ń held”

“Ja ! Marthinus is sowaar ń groot held
Jy weet Fientjie, orals waar ons gekom het, het ons gesien hoe dapper  die mense teen die honderde Zoeloes probeer veg het.
Party het probeer vlug sommer so in hulle slaapklere.
Ander het probeer wegkruip in die waens en onder die waens, maar die Zoeloes was te veel en te vinnig op die waens.
Meeste mense het geslaap toe hulle aangeval is.
Daar was nie tyd om eers te skiet nie.
Party kon net een skoot skiet, toe is ń assegaai dwarsdeur hulle gesteek.

Een familie, die Van Rensburgs, het wakker geword van hulle honde se geblaf.
Hulle het dadelik hulle wapens gegryp, na ń koppie gevlug en  hulleself daar probeer verdedig.
Hulle het dapper teruggeveg.
Ons klompie manne het mos saam met Oom Sarel Cilliers gery.
Toe ons geweerskote hoor, het ons met ons perde nader gejaag om te gaan help.
Daar sien ons die Van Rensburgh familie is vasgekeer op die koppie tussen baie,  baie Zoeloes.
Toe Oom Van Rensburg ons sien, steek hy  sy geweer onderstebo in die lug op.
Toe weet ons, hulle kruit  is amper  op en hulle kan nie meer skiet nie.
Voor enige iemand nog iets kon doen, gryp Oom Marthinus ń sak kruit van een van hulle waens af en jaag met sy perd tussen die Zoeloes in.
Die Zoeloes probeer hom keer, maar hy jaag tot by die Van Rensburgs met die sakkie kruit.
Hulle begin dadelik weer laai en Oom Marthinus help sommer ook om te skiet daar van die koppie af. “

“Paul, dit was mos ń vreeslik gevaarlike ding om te doen
Is hy nie raakgesteek nie?”

“Ja,  sy perd het ń hele paar steekwonde gekry, maar ek dink hy was so vinnig en so dapper dat hy die Zoeloes verras het.
Die Zoeloes was so verbaas, hulle was te stadig om hom te keer en kon hom nie doodsteek nie.
Maar Marthinus het geweet die Van Rensburgs kan nie skiet as die kruit op is nie en dan gaan die Zoeloes hulle  almal ook doodmaak. “

“Lewe die van Rensburgs nog? “

“Ja Sussie, ons het toe van agter af ook begin skiet op die Zoeloes.
Die vasgekeerde mense op die koppie kon ook weer veg nadat Oom Marthinus vir hulle kruit gevat het.
Die Zoeloes het  weggevlug toe hulle  ons groep perderuiters sien.”

“Dit is hoekom Pappa sê Oom Martinus Prinsloo is ń groot held.”

“Ja, hy was baie baie dapper om so tussen die gevaalike Zoeloes in te jaag.
Hy het die Van Rensburgs se lewens  gered .”

Maak 'n opvolg-bydrae