Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 22 / Die Groot Trek 1836 – 1838 / Waens versprei

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 22

Die Groot Trek

1836 -1838

Waens versprei

” Boetie Paul, jy was al weer dapper.

Jy het daardie lelike leeu gou-gou geskiet. Die leeu was darem astrant om sommer so tussen ons waens ń melkkoei te kom vang.”

“Ja, kan jy glo? Helder oordag. En dan lê hy sommer net daar die koei en vreet.

Julle vroumense was darem lekker bang!”

“Ag, jou broek het ook maar gebewe toe jy hom moes skiet.

Wanneer kom Oom Piet Retief en daardie klomp ooms terug van Dingaan af? Hulle is darem nou al lank weg.”

“Sussie, dit is vêr na Dingaan se kraal toe. Hulle sal nou enige dag terug wees .Luister maar net as daar so paar skote skiet. Hulle sal ons so laat weet hulle is naby.”

“Paul, Pappa sê hy is bekommerd. Die waens bly nie meer hier bymekaar nie. Party waens staan al daar ver langs die Bloukransrivier .Pappa sê dit is gevaarlik om van mekaar weg te trek. Hoekom? Dingaan het mos gesê ons kan in Natal kom bly.”

“Fientjie, ons ken nog nie hierdie nuwe land nie. Dit is beter en veiliger om bymekaar te bly. As daar gevaar kom, kan ons gou laer trek. Maar die mense raak nou haastig om hulle eie plase te kry. Hulle is nou moeg getrek. Die beeste en skape vreet die gras gou-gou op en dan moet hulle bietjie verder weg trek om gras vir hulle diere te kry.”

“Paul, ek dink Oom Piet Retief gaan kwaad wees as hy terugkom.

Hy het gesê ons moet hier wag tot hulle terugkom.”ks

Fiktiewe stories vir my kleinkinders:K. Ströh.

Foto’s en Illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae