Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 21 / Die Groot Trek 1836 – 1838 / Berg-af

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 21

Die Groot Trek

1836 -1838

Berg-af

“Sussie, dit was nou ń moeilike dag!

Ek is doodmoeg. Kyk my hande is stukkend soos ons die toue moes vashou om die waens regop te hou.

Al ons waens is darem nou teen die berg af.”

“Julle was darem slim om party van die wiele van die ossewaens af te haal. Dit het gehelp dat die waens nie sommer weghardloop nie. Die osse moes darem hard rem vandag.”

“Ja Fientjie. Ek is bly dat Pappa gesê het niemand mag in ń wa ry nie. Nie eers vrouens met pap babatjies nie.

Almal moes berg-af loop.”

“Ja dit was darem erg toe oom Prinsloo se wa skielik op loop gegaan het en teen die bome gebots het.

Gelukkig het niemand seergekry nie. Net sy stoele wat in die wa was, het gebreek .”

“Pappa was bekommerd dat sy wa vol klein boompies gaan omval. Gelukkig is ons wa ook veilig onder.

Kyk hoe mooi groen is Natal. Ons boompies gaan hier mooi groei.”

“Paul, kyk daardie blomme. Is dit nie die mooiste wat ons nog ooit gesien het nie?”

“Ja kom, tyd vir boekevat. Ons moet eers weer gaan dankie sê dat die Here ons hier afgehelp het!”ks

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: K. Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae