Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 20 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Die Drakensberge af

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 20

Die Groot Trek

1836 -1838

Die Drakensberge af

“Paul, Paul. Pappa sê ons gaan vandag begin om teen die berge af te trek.”

“Ja Sussie. Oom Piet Retief het ñ oom met ń boodskap gestuur dat Dingaan gesê het ons kan in Natal intrek.

Hy sal vir ons grond gee vir plase daar.

Die ooms moet net eers vir Dingaan help. Van die ander inheemse mense het van Dingaan se beeste gesteel.

Dingaan wou mos hê Oom Piet Retief moet eers sy gesteelde beeste gaan haal vir hom.

Oom Piet Retief het Dingaan se beeste gaan haal en vat dit nou terug vir hom.

Dingaan gaan dan op ń papier teken dat ons die grond kan kry vir plase.”

“O Paul, ons was so bang vir Dingaan en sy Zoeloes .Nou kan ons in Natal gaan bly.”

“Ons moet net eers die Drakensberge af. Gelukkig het die ooms al begin om klippe te pak .Hulle probeer om ń pad vir die waens maak waar ons kan af gaan.”

“Dit gaan nie maklik wees om al die beeste en skape en ossewaens teen hierdie berge af te kry nie. Dit gaan gevaarlik wees..Ons moet oppas dat die waens nie teen die afgronde afval nie.

Almal sal vandag moet help.”ks

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: K. Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae