Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 23 / Die Groot Trek 1836 – 1838 / Trek laer

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 23

Die Groot Trek

1836 -1838

Trek laer!

” Boetie Paul, wat gaan aan? Almal hardloop rond en skree. Almal is op hol. Wat is fout?”

“Sussie ek weet nie. Ons hoor aanmekaar skote. Kyk die vuurgloed daar ver. Iets brand!”

“Boetie, daar kom Tannie Theresa op haar perd aangejaag. Haar perd is wit van sweet. Sy lyk vreeslik, kyk haar klere is geskeur en vuil.”

“Sus Fientjie, gaan wag by mamma. Ek hardloop gou om te gaan hoor wat is fout. Pappa help haar al van die perd af.”

“Boetie, daar kom ń Boesmanvrou ook aangehardloop. Sy skree net so vreeslik. Gaan vind gou uit.”

“Hardloop sussie. Gaan help vir mamma. Kry solank die gewere reg. Ons moet vinnig laer trek.

Die Zoeloes kom! Ons moet veg!”

“Maar, maar hoe dan nou? Oom Piet Retief het dan gesê hulle koning Dingaan het gesê ons mag hier bly.”

“Fientjie, ek weet nie wat gaan aan nie. Daar is nie nou tyd om mooi uit te vind nie.

Die Boesmanvrou is histeries, ons kan nie hoor wat sy sê nie.

Tannie Theresa sê die Zoeloes is op pad. Hulle vermoor al die trekkers sover hulle kom. Die mans, die vrouens en die kinders. Hulle steek al die waens aan die brand.

Kom ons moet reg wees om te veg voor hulle hier kom. Die son sal nou nou opkom.

Tannie Theresa jaag nou verder om die ander Trekkers ook te gaan waarsku.”ks

iktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders :Kobie Ströh F

oto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet