Die Rooi Woestyn Red Desert Port Edward

Die Rooi Woestyn

Red Desert

Port Edward

Hierdie Rooi Woestyn is die kleinste woestyn ter wêreld, net 11 hektaar groot en 200 m in deursnee.

Die woestyn is geleë in die privaatreservaat Umtanvuna Natuurreservaat naby die Mtanvunarivier.

Die Rooi Woestyn is ń miniatuurweergawe van die Arizona Woestyn in Noord-Amerika.

Die klein asemrowende woestyntjie met sy besonderse rooi kleur is omhein ter wille van bewaring.

Die manshoogte heuwels en die vallei met sy rooi sand vorm ń skrille kontras met die omringende grasgroen subtropiese plantegroei.

Daar is verskillende teorieë oor die ontstaan van die Rooi Woestyn.

1. Dit is agv buite-ruimtelike wesens wat hier geland het.

2. Die teorie wat algemeen aanvaar word is dat dit ontstaan het agv oorbeweiding.

Gedurende die 1860’s het die Zoeloes die vee wat hulle by die Pondo’s geroof het, hier aangehou. Die veld is oorbewei en die wind het hierdie area so ge-erodeer dat ñ woestyn ontstaan het.

3. Die wetenskaplike teorie word verduidelik deur Prof R Uken van die Departemt Geologie van die Universiteit van Natal.

Volgens hom is dit ń klein oorblyfsel van Berea-rooi sand op ń plat oppervlakte van Msikaba-formasie sansteen wat dateer uit ń tyd nog voor Gondwana opgebreek het.

Die kusplato ontstaan lank voor opbreking van Gondwana.

Eerste see-neerslae vind plaas met opening van Indiese Oseaan. Hierdie see-neerslae het op ń paar plekke behoue gebly en bevat sagte see-fossiele wat redelik vlak lê.

Na die Gondwana breek het erosie die seeskulp -oorblyfsel sediment weggevoer.

Die ou Msikaba oppervlakte is weer blootgelê en op hierdie oppv het duine gevorm, basalt bedding met ń bolaag duinesand.

Die duine bevat kwartssand, skulp-fragmente en swaar minerale wat deur oksiderende grondwater wat yster in die vorm van yster-hidroksied het vrygestel is en die kenmerkende rooi roeskleur aan die sand gegee het.

Skulpfragmente weer het kalsiumkarbonaat vrygestel wat van die duine in rotse verander het.

Die duine het oor ń baie lang tydperk kleiner en kleiner geword agv van weersfaktore en erosie.

Die Rooi Woestyn is ń klein oorblyfsel van hierdie Berea -rooi sand van die duine.

Bronne: Internet. News 24

Foto’s: Marina Vd Berg Louw Augustus 2022

Maak 'n opvolg-bydrae