Howick Konsentrasiekamp / ABO

Howick

Konsentrasiekamp

In Natal was ‘n hele aantal Konsentrasiekampe o.a by Pietermaritzburg, Howick, Pinetown, Eshowe, Ladysmith, Merebank ens.

Die eerste kamp was by Pietermaritzburg en die tweede is Januarie 1901 net buite Howick geopen.

Die Howick kamp was aanvanklik net vir families van Noord-Natal.

Die kamp was nie omhein nie, maar onder krygswet was ‘n pas nodig om vriende te besoek.

Maart 1901 was daar sowat 700 inwoners, gehuisves in tente, markiestente.

Siekes is verpleeg in ‘n aparte saal in Howick Hospitaal. Siektes aangemeld was bronchitis, longontsteking, rumatiek en enkele gevalle van tifuskoors, ingewandskoors.

Ds van der Horst was predikant en het ook ‘n skool gevestig in die kamp.

Die groter seuns is toegelaat om op die plase as arbeiders te werk. Die betaling was min, maar kon help om ekstra kos en medikasie te koop.

Die kamp het stadig gegroei met geen sterftes tot Augustus 1901.

Groepe vrouens en kinders wat vanuit Transvaal en Vrystaat gebring word, word al hoe meer.

Deurdrenkte vrouens en kinders arriveer in gietende reën op oop trokke, hulle karige besittings wat inderhaas gegryp is, papnat. Kaalvoet, kniediep ploeg hul deur die modder.

Die kindertjies huilend van honger en koue.

Augustus 1901 arriveer 3 gesinne vanaf Klerksdorp, een gesin met masels. Hulle word dadelik geïsoleer, maar helaas nou breek siektes in die oorvol kamp uit.

Spoedig was daar meer as 3300 inwoners in die Howick kamp. (Des 1901)

Masels, skarlakenkoors, kinkhoes ens breek uit.

Die kamp bestaan uit 2 dele: Die ouer deel waar huisvesting beter in markiestente is en dan die nuwer deel waar gesinne in bell-tente geprop word. Die tente is in /n swak toestand.

1902 verwoes stormwinde die meeste van die tente om toestande nog hagliker te laat. Sommige gesinne word na hutte verskuif wat effens draagliker was.

Die Natalse Owerhede neem beheer oor van die kampe en probeer kostes sny, wat kosvoorrade baie beperk het. Groente was baie baie skaars.

In die kamp was wel winkels waar inwoners wat dalk nog ‘n geldjie gehad het, ten duurste kosvoorraad kon aanvul. Dit was buite die vermoë van meeste gesinne.

Aan die einde van die oorlog het Boereleiers soos Schalk Burgers die Howick Kamp besoek om die Vredesooreenkoms te verduidelik.

Die kamp het skielik gesluit en Aug 1902 was daar nog net 2 gesinne in die kamp oor.

Die sterftesyfer in die Howick Kamp was 145; 19 ouer as 15 en 126 kinders jonger as 15.

GEDENKPARK

Die konsentrasiekamp terrein is omskep in ‘n gedenkpark.

‘n Monument is opgerig ter ere aan die vrouens en kinders wat hier gesterf het.

Britse soldate (64) is begrawe in die Howick Militêre Begraafplaas naby die militêre kamp en die Konsentrasiekamp.

84 boere is ook herbegrawe onder die monument.

Tans is die terrein erg verwaardloos.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne:Internet. Facebook.

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2023

Maak 'n opvolg-bydrae