Skepe / Fregat SAS President Paul Kruger bots teen SAS Tafelberg / 1982

18 Februarie 1982

Die fregat SAS President Paul Kruger bots teen die SAS Tafelberg en sink.

Tydens roetine vloot oefeninge in die Suid-Atlantiese Oseaan sowat 78 myl vanaf Kaappunt is verskeie skepe betrokke o.a. die groot 19 000 ton SAS Tafelberg en 2 fregatte SAS Paul Kruger ( 2200 ton) en SAS President Pretorius en die duikboot SAS Emily Hobhouse. Die 2 fregatte moes die Tafelberg beskerm terwyl die duikboot verskeie skynaanvalle as oefening uitvoer teen die SAS Tafelberg.

Gedurende die donker nag van die 18de Februarie moes verskeie maneuvers uitgevoer word soos bv ń byna 180° koersverandering. Oordeelsfoute, onervarenheid en ń radar wat hulle in die steek gelaat het veroorsaak dat die fregat om 3.55 teen die Tafelberg bots. Die skade is groot en die bemanning van die fregat Paul Kruger kry opdrag om die skip te verlaat. Teen 4.35 het die Paul Kruger fregat gesink.

Die bemanning het vir ure rondgedopper in die donkerte in ń yskoue see met redelike rowwe deinings.

ń Grootse reddingspoging, see en lug, red byna al die bemanningslede, ongeveer 193 bemanning.

16 bemanningslede sterf, sommige nooit gevind. KS

Maak 'n opvolg-bydrae