Voortrekkerkerk / Voortrekker Kerk / Lydenburg NG Kerk / Burgermonument

Lydenburg

Voortrekkerkerk

Groot Kerk: NG Kerk Lydenburg

Burgermonument

VOORTREKKERKERK

1849 is die dorp Lydenburg gestig deur die trekkerleier Andries Potgieter.

LYDENBURG Pos deur Frikkie Wallis Maart 2023

“Die Republiek van Lydenburg het op 11 Maart 1857 afgestig van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en deel geword van die Republiek van Utrecht (Natal) totdat albei Boererepublieke drie jaar later weer by die ZAR aangesluit het. Lydenburg is in 1849 deur ‘n groep Voortrekkers onder leiding van Andries Potgieter gestig nadat hulle uit Ohrigstad getrek het weens malaria. Lydenburg het in belangrikheid toegeneem omdat dit op die ossewaroete na Delagoabaai (Maputo) was. Nadat daar in 1871 met die bou van ‘n pad na die see begin is, het die eerste waens in 1874 op Lydenburg aangekom. Goud is dieselfde jaar ontdek en die Lydenburgse goudvelde is geproklameer. Dit is met die Eerste Vryheidsoorlog in 1880 deur ‘n Britse garnisoen beleër toe die dorp in Britse hande geval het. Die spoorlyn het Lydenburg in 1910 bereik en die dorp het 17 jaar later ‘n munisipaliteit geword. Lydenburg staan sedert 2006 as Mashishing bekend. (SA Nuwe Geskiedenis/{Place Names of SA)”

VOORTREKKERKERK Pos Kobie Ströh

Die Voortrekkerkerk op Lydenburg, die omgewing en die dorp

Hulle begin dadelik ń om kerk, skool en landdroskantoor bou.

7 Januarie 1850 stig hulle ń kerk. Die Voortrekkerkerk.Die eerste predikant was PAC van Heyningen (1859-1865).

Kort na die stigting begin hul reeds met planne om ń kerk te bou. Die kontrakteur A Livingston.

Die eerste 3 jaar word dienste in die skool gehou.

Maart 1851 met ds A Murray se besoek is die gebou al reeds dakhoogte.

Die eerste kerkgebou word 1854 ingewy.

Die dak was ń strooidak, die vloere misvloere.

1879 is die oorspronklike gewels verwyder, die vensters verander en die strooidak met ń sinkdak vervang.

Hierdie gebou is in 1973 as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. Die oudste bestaande Kerkgebou in Mpumalanga. Die gebou is herstel deur die argitek Johan de Ridder volgens ń penskets van 1867.

Die kerkie nog in sy oorspronklike vorm, met misvloere. Word gebruik as katkisasielokaal.

GROOT KERK: NG KERK LYDENBURG

Hierdie gemeente was die 3de oudste NG gemeente in die destydse Transvaal.

7 Januarie 1850 is die eerste lidmate aangeneem en 74 kinders gedoop.

Die gemeente het vinnig gegroei.

Met ds A Murray se besoek in 1851 vind hy ook dat gemeente baie gegroei het.

Die Voortrekkerkerk word in 1894 vervang deur ń groter gebou (NG Kerk) op dieselfde perseel.

Dienste was een maal per maand daar gehou en die kerkgebou was gewild vir troues.

Die hoeksteen was gelê 1890 en die inwyding van die gebou in 1894.

Tydens die ABO gebruik die Briite die kerkgebou vir perdestalle.

Die preekstoel is ń replika van díe preekstoel in die Moederkerk in Stellenbosch.

1926 is die orrel aan die kerk geskenk.

1986 is hierdie pragtige neo-Gotiese gebou ook gerestoureer.

BURGERMONUMENT

1918 is ń Burgermonument in Lydenburg onthul. Herdenk die burgers van Lydenburg wat aan die ABO deelgeneem het en die gesneuweldes.

1993 is hierdie Burgermonument verskuif na die huidige posisie langs die NG Kerk Lydenburg.

Bronne: Internet

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae