Die moord op Piet Retief en sy manne / Umgungundlovu / Moordkoppie / 1838

6 Februarie 1838

Die moord op Piet Retief en sy manne

Umgungundlovu

Hlomo Amabuto Moordkoppie

PIET RETIEF

Hiedie trekkerleier is op verskeie plekke vereer. Die dorpe Piet Retief en Pietermaritzburg is gedeeltelik na hom vernoem.

Pieter Mauritz Retief. Gebore 12 November 1780 in Wellington – oorlede 6 Februarie 1838 uMgungundlovo.

6 Februarie 1838 is Piet Retief en 70 uitgesoekte man en ongeveer 29 bruinmense grusaam vermoor deur die verraderlike Dingaan.

GROOT TREK

Piet Retief het op die Oosgrens in Kaapkolonie met talle probleme te doen gekry oa voortdurende aanvalle deur Xhosa bevolking en geen reg tot verdediging.

In 1837 het hy ñ manifes opgestel waarin hy die redes vir die Groot Trek mooi uiteengesit het. Daarna was hy een van die Trekkerleiers wat ñ trek die binneland in gelei het. Sy droom, ñ tuiste in die lowergroen vrugbare land van Natal.

DINGAAN

Piet Retief onderhandel met Dingaan vir ñ stuk grond waarop die Trekkers kon vestig in Natal. Dingaan belowe om ñ groot stuk grond af te staan as hy die vee wat Sikoneylla gesteel het vir hom terugbring.

Die Trekkers gaan haal toe die beeste en bring dit terug na Dingaan se kraal maar weier om die leier Sikoneylla aan Dingaan uit te lewer.

Dingaan was nie van plan om grond regtig af te staan nie en hy was bang vir hierdie wit towenaars n.a.v. wat hy gehoor het van die Slag van Mosega en nederlaag van Mzilikaats. Hy wou hulle nie is sy area gehad het nie.

Dingaan het besef dat hierdie Trekkers die sterkste mag was hulle nog ooit in hulle verwoestende en wrede strooptogte teëgekom het.

Die Trekkers se uitstekende ruiterkuns, akkurate geweervuur, dapperheid, krag en vernuf het vrees ingeboesem.

Dingaan en sy hoofmanne het besluit om hierdie Trekkers ook uit te wis soos hulle met die talle ander inheemse stamme in Suidelike Afrika reeds gedoen het.

Maar hulle moet hierdie Trekkers onverwags oorval voor hulle hul gewere en perde kon gebruik.

UMGUNGUNDLOVU

Dingaan het almal gerus gestel deur die traktaat te onderteken(met ñ kruisie) met getuies daarby.

Die land tussen die Tugelarivier en Umsimvuburivier het hy aan die Trekkers oorgedra.

Die opgewonde Trekkers wou dadelik terugkeer na hulle families toe, maar Dingaan het hulle genooi om eers die volgende dag saam fees te vier.

6 FEBRUARIE 1838

Dingaan het die burgers in sy kraal ingenooi om te kom feesvier.

Hulle moes hulle wapens buite die kraal los, soos veteiste was in die Koning se kraal.

Die Trekkers was wel onrustig maar het glad nie sulke verraad verwag nie. Piet Retief het wel sy bont nekdoek afgehaal en vir sy agterryer Roma gegee met die opdrag om weg te jaag as hy onraad vermoed en om die nekdoek dan vir sy vrou te neem.

Toe Roma die kreet Bulalani Abathakah ( Maak dood die towenaars) hoor het hy gevlug oor klipperige terrein om sy spore weg te steek en op ñ afstand gesien hoe die sowat 29 bruinmense wat by die perde agtergebly het weggesleep word na Moordkoppie.

Hy sien hoe al die manne daar doodgeslaan word. Piet Retief is heel laaste doodgemaak nadat hy selfs die dood van sy 12-jarige seun Pieter moes aanskou.

Piet Retief is met ñ assegaai in die keel doodgesteek.

Sy hart en lewer is uitgesny en op die grond gegooi om die witman se toorkrag te verbreek.

Roma was die enigste oorlewende.

Daar was ook 3 ander ooggetuies:

Francis Owen, die Britse sendeling wat by Dingaan se kraal gewoon het, het die gebeure sorgvuldig opgeteken in sy dagboek. Dingaan het hom die oggend ingelig van sy moordplanne, maar hy kon niks doen om die Trekkers te waarsku nie.

Die 12 jarige William Wood wat by Owen gewoon het- het beweer dat hy Piet Retief vooraf gewaarsku het, maar goedgelowig het die Trekkers geglo Dingaan is goeie mens en sal sy woord hou.

Jane Williams Bird, ñ Walliese bediende wat by Owen gewerk het, het ook die gebeure aanskou.

DIE GROOT TREK , T.V. BULPIN

Bulpin beskryf die grusame gebeure as volg:

” Teen dagbreek was Umgungundlovu weer in rep en roer en is ñ laaste dans en groot afskeidsfees vir die Trekkers aangebied.

Dingaan het in sy groot stoel gesit met die Trekkers om hom geskaar terwyl hordes krygsmanne om hulle gedans het.

Meteens het Dingaan uit sy stoel opgespring en vir sy manne geskree.

Die volgende oomblik het ñ grusame tragedie hom afgespeel.

Thomas Holstead, wat as tolk opgetree het, het waarskuwend geskree: “Dis klaar met ons”, en toe in Zoeloetaal: ” Laat my met die koning praat.”

Dingaan het met ñ swaai van sy arm vir hom gewys om pad te gee.

Die Trekkers was weerloos. Oudergewoonte het hulle hul gewere buite die stad laat bly.

ñ Paar Trekkers het nog hul jagmesse by hul gehad en het wanhopig probeer om hulself daarmee te verdedig.

Halstead kon net twee krygsmanne met sy mes steek voordat hy self neergevel is.

Die Trekkers is deur skreeuende Zoeloes buitentoe gesleep, na Hlomo Amabuto, die heuwel van teregstelling, waar hulle doodgeslaan is, terwyl Retief geforseer is om alles te aanskou.

Heel laaste het hulle hom ook vermoor, en die liggame daar gelaat vir die jakkalse en die hiënas.

Retief se hart is uit sy borskas gesny en deur bygelowige Zoeloes op die pad waarmee die Trekkers gekom het, begrawe.

Retief se dertienjarige seun was een van die slagoffers.” (p 37)

BLOUKRANS, WEENEN, VAN RENSBURGSPRUIT

Die Trekkers onder die Drakensberge het rustig met hulle lewens voortgegaan, wagtend op Piet Retief en sy manne om terug te keer.

Hulle het geen gevaar verwag nie en het rustig in hulle verskeie kampe geslaap, onbewus van die menigte wreedaardige krygers op pad, gestuur deur Dingaan om hulle uit te wis.

ñ Bloedige nag, sommige onverhoeds betrap, bloedige gevegte, min oorleef, maar gelukkig het ander kampe verder die skote gehoor, die vuurgloed gesien en kon inderhaas laer trek en voorbereid wees. Dapper Therese Vigliome, een van die Italiaanse handelaars wat by die Trekkers was om handelsware aan hulle te verkoop, slaag daarin om bloots op haar perd dwarsdeur die Zoeloe- linies te jaag. Sy jaag na verskeie Trekkerkampe om hulle te waarsku .

Die Zoeloes kry nou meer en meer sterk teenkanting en val terug met 25 000 stuks vee wat hul geroof het.

Een van die droewigste dae in die geskiedenis het aangebreek. Meer as 500 mense vermoor.

Oorbluf word na oorlewendes gesoek en familielede se lyke gevind.

Nie in een wa is daar nie treurendes nie.

Oorbluf, verward en geskok verneem hul eers die volgende dag deur Dick King wat gejaag het om Trekkers te waarsku dat Piet Retief en sy manne almal vermoor is. Ongelukkig bereik Dick King die Trekkers te laat.

DIE TREKKERS VEG TERUG

Die Trekkers het nie bly lê nie.

Hulle herorganiseer, trek saam laer, bou versterkings en vra vir hulp.

Hierna volg die vernederende Slag van Italeni waar die Zoeloes die Tekkers netjies in ñ hinderlaag lei.

16 Desember 1838 volg die Slag van Bloedrivier waar Dingaan se mag gebreek word.

BEGRAWE

21 Desember 1838 is die oorskot van Piet Retief en sy manne gevind en begrawe.

Die traktaat wat Dingaan onderteken het was nog in die bladsak wat aan Piet Retief se geraamte gehang het.

In Natal kon die Trekkers begin bou aan hulle nuwe tuiste waarvoor hulle so duur met baie bloed betaal het.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae