Die 3 Geloftes / Van Riebeeck Gelofte 6 April 1654 / Bloedrivier Gelofte 16 Desember 1838 / Paardekraal Gelofte 13 Desember 1880

16 Desember 1838

Bloedrivier Gelofte

13 Desember 1880

Paardekraal Gelofte

6 April 1654

Van Riebeeck Gelofte

DIE DRIE GELOFTES

Min mense is bewus van drie geloftes wat in Suid-Afrika afgelê is.

Al 3 uit nood gebore en gekoppel aan dankbaarheid.

Was al 3 werklike geloftes?

Kom ons kyk na die definisies:

Belofte/Gelofte

Definisie van ń belofte: ń Onderneming om iets te doen, ń sekere opoffering te doen. Belofte is soos ń kontrak. ń Belofte kan eensydig wees, skriftelik of mondelings, maar sluit gewoonlik 2 partye in.

ń Belofte is verpligtend. Gewoonlik gekoppel aan sekere voorwaardes of ń sekere tydperk.

Begin gewoonlik met Ek beloof…Ek verklaar…

Definisie van ń gelofte:

ń Gelofte is ń plegtige belofte. Soos ń spesiale eed, spesiale onderneming. ń Plegtige belofte teenoor God. Ooreenkoms of belofte teenoor God.

Moderne tyd:

Mense besef in huidige tyd hulle onvermoë om ń gelofte te hou.

Moderne mens pleit eerder om genade en vergifnis.

Taalkundig het die woord gelofte ook verouderd geraak.

Ongelukkig is geloftes in die verlede gekaap vir politieke en godsdienstige doeleindes en huidig verhinder mense se politieke “skuldgevoel” die nakoming van geloftes.

Bybelse opdrag

Geloftes moet nagekom word. Verpligting.

Die regte motiewe is egter belangrik.

Bybelse opdrag volgens Matt 28 moet nagekom word:

Opdrag en belofte of gelofte:”Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies. Doop hulle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou. En Ek, Ek is met julle tot aan die einde van die wêreld.”

Hoe moet ons teenoor geloftes staan?

Geloftes is kosbaar

Stroop geloftes van alle politieke misbruik, tweespalt, verdeeldheid, skuldgevoel.

Vertrou nie op mense, regerings, menslike skeppinge en uitvindsels nie. Veral nie in ń tyd waar die Oppergesag van God nie meer erken word in grondwette ens nie.

Ons lotsbestemming moet aan God verbind wees. In afhanklikheid en dankbaarheid.

Gelofte verbind ons, in ons harte moet geskryf wees…Ons vertrou op God.

Ons dank God.

In Suid-Afrika se geskiedenis is daar 3 verskillende geloftes afgelê, elke een onder verskillende omstandighede.

1. Die VAN RIEBEECK GELOFTE

6 April 1654

Twee jaar nadat ‘n verversingspos aan die Kaap gevestig is onder uiters moeilike en uiters gevaarlike omstandighede het Jan van Riebeeck 6 April verklaar as ‘n openbare vakansie dag en ‘n Dankdag.

‘n Dankdag om God te loof en te dank vir al die weldade bewys.

Journal of Jan van Riebeeck Volume I 1651-1655 Edited HB Thom p 226:

“ 6th : To-day is the second anniversary of our safe arrival with the ships Drommedaris, Reijger and Goede Hoope at this place through the Holy guidance of God to build this fortress and establish this settlement according to the instruction of our Lords and Masters, and the Lord God has hitherto given His abundant blessing to the satisfactory and successful accomplishment of all these matters.

We have therefore resolved, and also for the first time begun to celebrate this 6th day of April in the name of the Almighty, and henceforth to set it aside for all time as a day of thanksgiving and prayer, so that our descendants may never forget the mercies we have received at the Lord’s hands, but may always remember them to the Glory of God.”

(Sien Hollandse en Afrikaanse weergawe in fotos.)

2. BLOEDRIVIER GELOFTE

9 Desember 1838 tot 15 Desember 1838

Hierdie gelofte is op 9 Desember 1838 vir die eerste maal deur Sarel Cilliers voorgelees te Danskraal. Die Trekkers het hierdie gelofte daagliks herhaal tot 15 Desember.

Die uitkoms vir die Trekkers uit hierdie uiters gevaarlike situasie het op 16 Desember 1838 gekom tydens die Slag van Bloedrivier waar die Trekkers as oorwinnaarars uitgetree het na die verwoede aanval deur die Zoeloemagte van Dingaan.

Hierdie wonderwerk het die mag van Dingaan gebreek.

‘n Afrikaanse vertaling van die Bloedrivier Gelofte volgens Wikipedia:

“Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee , ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

3. PAARDEKRAAL GELOFTE

13 Desember 1880 (Paul Kruger)

Engeland het die ZAR geannekseer sowat 3 jaar tevore en alle pogings om vreedsaam die Vryheid van die ZAR te herstel het misluk.

Ongeveer 8000 Burgers vergader by Paardekraal vir ‘n volksvergadering, pak ‘n klipstapel en lê saam met Paul Kruger die Paardekraal Gelofte af, in aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog.

Die Burgers lê die plegtige belofte af om met God se hulp te veg tot die dood toe, vir die die herwinning van volk en vaderland se Vryheid.

Na hierdie gelofte volg die Slag van Majuba 27 Februarie 1881 waar die Engelse magte verslaan word en dit lei tot die herstel van die Vryheid van die ZAR.

Die Paardekraal Gelofte volgens Wikipedia:

“ In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten, onder bidden opziend om Zijn genadige hulp en ontferming , zijn wij, Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plechtig overeengekomen, gelijk wij bij dezen overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te richten, het welk wij met plechtigen eed bezweren. Ruim veertig jaren is het gelede, dat oze vaderen de Kaapkolonie ontvlucht zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.

Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaanse Republiek gesticht, en driemaal heft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt. En onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, van den grond neergehaald.

Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat niet dragen.

God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren.

Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkaar de hand geven als mannen, broeders, plechtig belovende, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God same te werken, tot den dood toe. Zoo waarlijk helpe ons God .”

Die Afrikanervolk is een van min volke wat ‘n Gelofte teenoor God afgelê het. (3 Geloftes).

Hoe moet ons die Van Riebeeck gelofte sien?

ń Dankdag

Bloedrivier. 16 Desember. ń Dankdag, soos ń Sabbat.

Jan van Riebeeck. 6 April. ‘n Dankdag, dag van gebed.

Nie nodig vir groot feeste en toesprake en preke nie.

Nie nodig vir nasionale vakansie dae nie.

Net ń dankdag.

Afhanklik van God en dankbaar teenoor God.

Kyk na Jan van Riebeeck se ooreenkoms, belofte of gelofte. Term of woord is nie die kern nie.

Kern is dankdag.

“Ons het besluit….as ń dankdag…en dit vir altyd…

Jan van Riebeeck se kragtige getuienis van sy/hulle afhanklikheid van God en Sy Genade.

Maak 'n opvolg-bydrae