Barberton Blokhuis / Waghuis / Barberton / ABO / Mpumalanga

Barberton Blokhuis / Waghuis

Barberton

ABO

Blokhuis in Barberton op die hoek van Leestraat en Judgestraat.

Die blokhuis is opgerig in Januarie 1901, een van 5 wat rondom Barberton op die lae heuwels opgerig is.

BRITSE INNAME VAN BARBERTON EN KONSENTRASIEKAMP

14 September 1900 is Barberton sonder slag beset.

Generaal JDP French het na die Slag van Bergendal na Barberton beweeg.

Hy het die dorp berg-af al langs die sogenaamde “Goat-track” benader en die Boere wat Barberton bewaak het, totaal verras.

Genl JD Opperman kon met sy Swaziland-Kommando ontvlug, maar moes sowat 2500 Boere-vlugtelinge en groot hoeveelhede voorraad agterlaat.

Die Burgerkamp op Barberton is na die Britse besetting omskep in ń konsentrasiekamp.

Daar is meer as 2600 mense gehuisves. Vrouens en kinders wat op plase gevind is, is na hierdie kamp gestuur.

Volgens amptelike syfers is daar minstens 216 vrouens en kinders in hierdie kamp dood, hoofsaaklik van longontsteking, diarree, wanvoeding en masels.

BLOKHUISE RONDOM BARBERTON

Vyf blokhuise word in 1901 rondom Barberton opgerig as militêre forte.

Dit word opgerig as verdediging teen aanvalle van die Boere. Die dorp, die hospitaal en die Konsentrasiekamp moes beskerm word.

Die blokhuise is beman deur die Barberton Town Guard, plaaslike vrywilligers onder bevel van JW White.

BARBERTON BLOKHUIS

Hierdie blokhuis is die enigste van sy soort wat behoue gebly het en is in 1978 verklaar as Nasionale Monument.

Dit is ń voorbeeld van die oudste en eerste ontwerpe van blokhuise wat toegepas is, voor Elliot Wood en Rice se ontwerpe. Opgerig deur werkers van Lourenço Marques.

Dit is ń eenvoudige reghoekige struktuur met dubbele mure, binnemure en buitemure van sink oor houtrame, tussen 2 lae is opgevul met sand en klein klippies om weerstand teen patrone te bied.

Gebou is so 6 x 3,4 meter.

Vloere van hout.

Sinkdak.

In die middel van 1 lang sy was ń toegangsdeur van staal.

Skietgate met staalplate is rondom die gebou.

Vandale en rondlopers het die blokhuis gestroop en beskadig en verwaardlosing het ingetree. Selfs die staaldeur was afgesteel.

Ondertussen het inwoners van Barberton die blokhuis opgeknap, die deur met ń replika vervang en met ń hoë palisade omhein.

Bronne: Internet. Brosjures. Gids tot die ABO in Oos-Transvaal deur Gert en Erika vd Westhuizen. ABW Blockhouses Simon Green.

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae