BarbertonAandelemark / Stock ExchangeBarberton / Museum / Suid-Kaap Brug / Kerk / Gereformeerde Gemeente Barberton / NG Gemeente Barberton

Barberton

Aandelemark / Stock Exchange

Barberton Museum

Suid-Kaap Brug

Kerk Gereformeerde Gemeente Barberton

NG Gemeente Barberton

BARBERTON

Barberton, eens trotse dorp wat gewemel het van prospekteerders goudjagters, het byna ń spookdorpie geword. Tans ń verrassing vir die besoeker.

Die ryke geskiedenis en verrassende ou geboue word hier bewaar.

Barberton ontstaan toe die broers Fred en Henry Barber en hul neef Graham Barber in 1884 goud hier in De Kaapse Vallei ontdek. J

unie 1884 rapporteer Graham Barber hierdie fonds aan die staatsekretaris in Pretoria.

Die goudkommisaris, David Wilson (Mackey?) voer inspeksie uit, bevestig die ontdekking op 24 Julie 1884. Hy breek ń bottel Jenewer oor die goudrif en noem die plek Barberton.

1885 word ook ń ryk goudrif ontdek in die heuwels bokant Barberton deur die prospekteerder Edwin Bray.

Hy begin met 14 vennote, die Sheba Reef Gold Mining Company.

Die dorp was eers ń eenvoudige mynkamp, maar die goudstormloop na Barberton laat die dorp vinnig groei.

1886 is daar reeds hotelle, winkels, eetplekke, drinkplekke, “Saloons” en musiekplekke waat hoopvolle delwers en gesoute besigheidsmense floreer.

Barberton word spoedig, soos ander goud-dorpe, bekend as wild en wetteloos met baie vermaak vir die manne.

1904 kry Barberton sy eie munisipale status.

Barberton word ń belangrike dorp en die word verbind aan die NZASM se Oosterlijn Spoorlyn vanaf Pretoria na Delagoabaai (Lourenço Marques). ń Spesiale sylyn word aangelê van Kaapmuiden na Barberton.

Ongelukkig het die groot ryk goudfonds aan die Witwatersrand die stormloop na die Witwatersrand gelei.

Die gevolg was dat meeste mense Barberton verruil het vir die lokkende goudvelde van die With en Barberton verlaat het.

Vandag is die Sheba myn nog steeds een van die oudste werkende goudmyne in SA.

AANDELE BEURS / Stock Exchange

1887 ontstaan die eerste aandelebeurs in die Transvaal hier op Barberton.

Geregistreer 21.11. 1888 as die Kaap Gold Fields Stock Exchange Limited. Die aandelebeurs het dag en nag verhandel. Die eerste gebou was op die hoek van Market Square, maar is vernietig in ń brand.

Daarna , 1887, het die De Kaap Exchange ń steengebou opgerig in Pilgrimstreet.

1899 is die gebou deur Sammy Marks aangekoop.

1910 is die gebou oorgeneem deur die Barberton Munisipaliteit en gebruik as ń museum.

Ongelukkig het die gebou vervalle geraak en moes gesloop word. Net die fassade van hierdie gebou het oorgebly, vandag ń nasionale monument.

BARBERTON HERITAGE WALK

ń Stappie deur Barberton lewer ń hele paar aangename verrassings op. Pragtige ou geboue soos die Phoenix Hotel, Stopforth House, Fernlea House, Lewis en Marksgebou, die sink en houtstruktuur van die Anglikaanse Kerk (1924) en nog vele meer. Beslis die stappie werd.

BARBERTON MUSEUM

Die museum huisves interessante uitstallings van die geologie van die gebied, die geskiedenis van die goud en myn daarvan en die kulturele geskiedenis van die inwoners van die dorp en omgewing. Netjies en goed versorg.

SUID-KAAP BRUG

Die pragtige boog-brug gebou in 1939 oor die Suid-Kaap rivier.

KERKE

GEREFORMEERDE KERK

Barberton Gereformeerde Gemeente is gestig in 1945 en afgestig van die gemeente in Carolina. Daar was 17 belydende en 17 dooplidmate. Vier kaar later 1949 is die kerkgebou in gebruik geneem.

NG KERK Barberton

Die NG Gemeente is gestig in 1889. Met die sinode sitting in 1937 is die gemeente se naam verander na NG Kerk Nelspruit.

1938 het Barberton afgestig as volwaardige gemeente. 1961 is die Sinode se fout herstel en 1889 is amptelik erken as die Gemeente Barberton se stigtingsdatum.

Die kerkgebou wat hul gebruik het was gou te klein en 1950 is die nuwe kerkgbou opgerig. Ontwerp deur Hendrik Vermooten. Hoeksteen 1954 gelê.

Bronne: Internet. Inligtingsbrosjure

Foto’s Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae