Barberton Oorlogsgedenkteken / WWI / WWII / SS MENDI

Barberton Oorlogsgedenkteken

WWI

WWII

SS MENDI

Voor die Magistraatskantore/hof van Barberton is ń oorlogsgedenkteken opgrig.

WWI1914-1919

9 Junie 1924 onthul deur Graaf van Athlone, Britse militaris en goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, ter nagedagtenis aan diegene van Barberton area wat in die Groot Oorlog, WWI 1914 -1919, gesterf het.

WWII1939-1945

Tydens die Tweede Wêreldoorlog was daat ń groot militêre kamp noord van Barberton opgerig.

Dit was gebruik as opleidingskamp vir Suid-Afrikaanse troepe voor hul na die oorlogsfront vertrek het. Daar is sowat 5000 troepe jaarliks opgelei.

Ook was die doel van die kamp om veiligheid en verdediging te verskaf aangesien dit naby die grens van Portugees-Oos-Afrika ( tans Mosambiek) was.

Na WWII is name van gesneuweldes van Barberton ook op hierdie oorlogsgedenkteken bygevoeg.

SS MENDI

21 Februarie 1917

Een van Suid-Afrika se grootste tragedies tydens die Eerste Wêreldoorlog.

Gedurende die oorlog was daar ń groot tekort aan arbeiders, veral om voorrade af te laai en te verskuif na die voorste lines.

Brittanje het aan Genl Louis Botha, Eerste Minister van Unie van Suid-Afrika, ‘n versoek gerig om sowat 10 000 arbeiders te voorsien.

Duisende swart vrywilligers het aangemeld.

Einde Januarie 1917 verlaat die stoomskip SS Mendi Kaapstad op pad na Frankryk.

Aan boord is meer as 800 swart arbeiders, 22 offisiere (Europees) en 33 bemanningslede.

823 man is van die Fifth Battalion South African Native Labour Corps.

Die skepe moes en het met min ligte gevaar gedurende oorlogstye.

Gedurende die vroeë oggendure 21 Februarie 1917 vaar die SS Mendi deur die Engelse kanaal.

In die Engelse Kanaal, naby die Isle of Wight, tref die posboot, SS Darro die veel kleiner skip, die SS Mendi.

Die SS Darro het volspoed gevaar sonder enige waarskuwingseine.

Die botsing was geweldig en baie van die reddingbote is beskadig.

Binne 20-25 minute het die SS Mendi gesink. 1

10 offisiere sterf en ook 615 arbeiders, meeste verdrink want hulle kon nie swem nie.

Die SS Darro het net voortgevaar en geen poging tot redding aangewend nie.

Hierdie Suid-Afrikaners word ook op hierdie oorlogsgedenkteken onthou.

Bronne: Internet. Gids tot die ABO in die Oos-Transvaal deur Gert en Erika vd Westhuizen . Hel toe en terug Louis Scott

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae