Jock of the Bushveld / Beroemde hond / Kruger Nasionale Park / Barberton /Sabie.

Jock of the Bushveld

Beroemde hond

Kruger Nasionale Park.

Barberton.

Sabie.

1949 is ñ reeks bronsplaatjies met die bewoording “Jock Trek 1885” daarop, al langs die transportroete tussen Lydenburg en Delagoabaai opgerig.

Dit is die roete wat Sir Percy Fitzpatrick en sy beroemde hond, Jock, gevolg het 1885 – 1888. Hoewel baie van bordjies verdwyn het, kan dit nog plek plek gesien word.

PERCY FITZPATRICK

1882 het Percy Fitzpatrick sy tuiste in die Kaap velaat om sy fortuin tydens die goudstormloop in Oos Transvaal te probeer vind.

Hy was een van die ongelukkiges op die goudveld maar het gou gou ñ wa en osse aangeskaf en ñ transporteryer geword wat kos en goedere vervoer het tussen Delagoabaai en die binneland, ñ tog van sowat 400 km.

Dit was ñ harde en avontuurlike lewe, gevaarlik met slange en roofdiere, siektes soos malaria, tstsevlieë, warm en dorre streke, moeilik met wa en osse waar geen paaie is nie.

Kos moes gejag word.

ñ Eensame lewe met dikwels net ñ hond as geselskap.

JOCK OF THE BUSHVELD
Jock se geboorte

:6 April 1885 het Percy Fitzpatrick en sy geselskap net na Skipberg(huidig in Kruger Nasionale Park) uitgespan.

Sy vriend Ted se hond Jess, ñ onvriendelike humeurige maar dapper en lojale Engelse veghond, het hier 6 kleintjies gekry.

Vyf was sterk en gesond maar een was klein en swakker en lelik en het gou die bynaam Die Rot gekry.

Aangesien niemand die ou hondjie wou hê nie, het Sir Percy Fitzpatric besluit om hom self te hou.

Hierdie ou klein hondjie is ongenadig afgeknou deur die 5 groter hondjies, maar dit het hom geleer om sy man te staan.

Selfs geweerskote en die klap van swepe wat ander honde tjankend laat weghardloop het, het hy net met n skewe kop na geluister.

Percy het hom Jock genoem en hom goed afgerig en geleer jag en dit tesame met sy goeie natuurlike instink het hom ñ uitstekende jagmaat gemaak.

Die verstommende verhale en avonture, hoe Jock doof geword het, sy noue ontkomings, sy heldedade en selfs sy einde is opgeteken deur Sir Percy Fitzpatrick in sy boek ” Jock of the Bushveld” en eerste maal gepubliseer in 1907.

ñ Bronsbeeld van Jock en ñ swartwitpens in die Jock of the Busveld Kamp naby Afsaal Piekniekterrein in Kruger Park is in 1985 onthul.

In Barberton is ook ñ beeld van Jock of the Bushveld.

Bronne: Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins Jock van die Bosveld Sir Percy Fitzpatric, oorvertel deur PB Simons

Fotos: 2018 Gys Ströh Snr

Maak 'n opvolg-bydrae