Schoemanskloof / Mpumalanga / SCHOEMANSKLOOF

Schoemanskloof

Mpumalanga

SCHOEMANSKLOOF

Schoemanskloof is ń nou kloof al langs die kronkelende Krokodilrivier met plase, plantasies, boorde, padstalle en gasteplase weerskante van die pad.

Die kloof is nou, op sy wydste deel sowat 1,5 km breed.

Ongelooflike natuurskoon met kranse, watervalle, natuurlike woude bekend vir rare plante en ryke voëllewe, ñ voëlparadys weerskante.

Rye en rye lemoen en nartjiebome en avokadobome begroet die reisiger.

Die aangename klimaat, subtropies, ideaal vir sitrus boerdery.

SCHOEMANS

Die eerste Schoemans arriveer hier in 1848 toe die plaas Watervalshoek (nou Sondagskraal) aan Johan Schoeman toegeken is.

Dieselfde jaar 1848 word die plaas Somerset aan JJH Viljoen toegeken.

Die Schoemans vestig hulle op die plase Zondagskraal en Mooiplaats.

Minstens 6 generasies Schoemans vestig hulle hier, die plase oorgedra van pa na seun, ongelukkig word die plase opgedeel sodat elke seun sy deel kon kry. Dit maak dat elke een se grond al hoe kleiner word.

Boerdery in die kloof is nie maklik nie. Bewerkbare grond tussen die berge en die rivier is maar min en die ryp in die winter en die haelstorms in die somer is groot struikelblokke.

Daar was spoedig soveel Schoemans in die kloof dat hulle byname gekry het soos Dowe Fanie en Fanie Kolonie (hy was afkomstig uit die Kaap Kolonie).

PATATASNEK

Schoemanskloof was in 2 gedeel. Bokant Patatasnek was bekend as Bo-Schoemanskloof en die deel onderkant Patatasnek was bekend as Schoemanskloof onder.

Patatasnek was die uitspanplek vir die osse waar hulle ń ruskansie en ń vreetkansie na ń vermoeiende tog kon kry.

Die reisigers het dan hier vuurtjies aangeslaan en patats gebraai. Schoemanskloof was bekend vir sy heerlike soet patats.

Hulle het selfs ń patatadrankie gemaak, Fango Coco, van gaar gebakte patats wat fyn gerasper en met warm water en suiker gemeng is.D

ie lang uitputtende opdraende na Patatasnek was bekend as Langasem. Met groot moeite het osse die waens tot bo getrek.

PAD DEUR SCOEMANSKLOOF

Gedurende 1920’s is die eerste pad deur die kloof gebou onder toesig van Joe Barbas.https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1474037569684491/

Dit was die enigste pad na Nelspruit. Groot Amerikaanse motors soos Dodge, Chevrolet en Buick het hierdie grondpad deur Schoemanskloof aangedurf.

Laat 1940’s is hierdie pad herbou en geteer, min of meer dieselfde roete as tans.

Tydens die teer van die pad het ń skouspelagtige insident plaasgevind.

Die bestuurder van die teertrok het vergeet om die gasbranders wat die teer verhit en vloeibaar gehou het, toe te draai. Die branders het bly brand.

Toe hy die teer op die pad afgooi, vat die teer op die pad vlam.

Hy kon nie die vlamme blus nie, al wat hy kon doen is om voort te ry en teer af te gooi totdat die teer op is.

Die resultaat was dat die trok bly ry het met ń vlammepad agter hom.

Op die plaas Mooiplaats was ń 3 km lange brandende pad met swart rookwolke oor die hele gebied.

In die 1970’s is die tonnel by Waterval Boven gebou, ń nuwe pad na Nelspruit geopen.

Die pad deur Schoemanskloof het ń alternatiewe roete geword.

JOUBERT EN SEUNS

Ten spyte van moeilike boerdery omstandighede in die kloof het Joubert en Seuns ń suksesvolle boerdery hier aangepak, een van die suksesvolste en grootste boerderye in Mpumalanga. Met meer as 350 000 sitrusbome op 2500 hektaar lewer hulle meer as ń miljoen kissies sitrus per jaar aan die mark.Die Joubert en Seuns Padstal is ń gewilde en bekende landmerk en ń besliste stop vir die reisiger.

Die versameling, opknapping, uitstalling en bewaring van ossewaens uit die ryke verlede is hier ń kosbare kultuurerfenis.

Bronne: Internet

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022.

Maak 'n opvolg-bydrae