Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 1 / Peperduur

Motmuis:

Die Begin http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 1

Peperduur

Die groot avontuur van Motmuis

Motmuis is ń baie nuuskierige klein vlermuisie wat gedurende die isolasietydperk gebore is.

Motmuis vra baie vragies.

Motmuis woon saam met sy mamma en pappa binne in ń huis se dak.

Partykeer kom Oupa en Ouma Vlermuis kuier en dan gesels hulle lekker.

Motmuis stel in alles om hom belang.

Hoe het Motmuis sy naam gekry? Gaan lees by : http://monument-sa.co.za/motmuis-die-groot-avontuur-van…/

MOTMUIS LEER VAN SUID-AFRIKA

“Mamma, ek sien Ouma Kobie het ń aardbol. Daar is sommer baie lande op die aardbol.

Afrika is die grootste land.

Ons bly onder aan die punt van Afrika. Ek sien dit is Suid-Afrika.

Bly daar mense in die ander lande ook?”

“Motmuis, ja. Daar bly orals mense.

Hoe hulle in Suid-Afrika gekom het, is baie interessant.

Ons noem dit geskiedenis.

600 jaar gelede was Suid- Afrika nog ń wilde woeste land met baie min mense wat hier gebly het.

GESKIEDENIS NOMMER 1

PEPERDUUR

“Mamma, hoekom sê ons as iets baie duur is, dit is peperduur? Peper is tog nie so baie duur nie.”

“Motmuis, lank lank gelede was daar nie karre nie. Daar was nie vliegtuie nie.

Mense het geloop waar hulle wou wees. Hulle het baie ver geloop.

Party keer het hulle met ń donkie gery.

Party keer het hulle met ń kameel gery.”

“Mamma, dit het seker lank gevat om iewers te kom.”

“Jy is doodreg Motmuis.

Nou ja lank gelede het die mense in Europa vir maande lank geloop oor berge en deur bosse om in die ooste uit te kom.

Dit het sommer meer as ń jaar gevat om tot daar te stap en weer terug te loop.”

“Mamma, hoekom wou hulle ooste toe gaan? Dit is dan so ver.”

“Motmuis, dit is baie ver. Dit was baie moeilik.

Dit was baie gevaarlik, want op die pad was wilde diere, slange en baie skelms.

Baie het doodgegaan op die pad ooste toe.”

“Ag nee Mamma. Hoekom dan so ver en gevaarlike pad loop?”

“Motmuis, in die ooste was iets wat hulle nie in Europa gehad het nie.

Iets wat hulle daar gaan haal het.

Daar was peper, speserye, kerrie, borrie, sy en wierook en almal in Europa wou baie graag daarvan gehad het.

Hulle het al die pad gestap om dit te gaan koop en dit dan weer kom verkoop in Europa.”

“Mamma, nou weet ek hoekom sê ons iets is peperduur.

Peper het van baie vêr af gekom. Dit het lank gevat om dit te kry. Dit was gevaarlik. Peper was dus baie duur.”

“Ja Motmuis, peper was baie skaars en baie duur.

Baie mense is dood op die pad om peper te gaan koop.”

“Hoekom het Europa se mense nie hulle eie peper gemaak nie?

Hoekom het hulle nie hulle eie sy gemaak nie?”

“Motmuis, dit was die mense wat in Indië en Asië gebly het se groot geheim.

Hulle wou nie sê waar kry hulle dit nie.

Hulle het mos lekker baie geld en goud gekry vir hulle sy en peper.”

“Mamma, nou weet ek hoekom daar baie skelms op die pad was.

Hulle het geweet die mense het baie geld en goud by hulle gehad.

Mamma, wat is sy?”

“Motmuis, dit is ander dag se storie.

Maak toe daardie ogies.

Slaaptyd.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae