Kinderlewe in Suid-Afrika / Deel 44 / Die Groot Trek / 1836 -1838 / Die Trekkers in Natal en Transvaal. Die einde van die Groot Trek.

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 44

Die Groot Trek

1836 -1838

Die Trekkers in Natal en Transvaal.

Die einde van die Groot Trek.

“Paul, Pappa sê hy gaan saam met Oom Hendrik Potgieter terug trek Transvaal toe trek .

Die Matabeles is nie meer daar ń gevaar nie.

Hulle het na die Slag van Vegkop teruggevlug na hulle land toe daar ver in die noorde.Pappa gaan daar in die Transvaal vir hom ń plaas uitmeet en ń nuwe lewe begin.

Pappa en Oom Hendrik sê hulle vertrou nie die Engelse hier in Port Natal nie. Hulle is te naby.

Ons kan nie weer onder die Engelse se beheer lewe nie.”

“Sus Fientjie, die Zoeloes is ook nie meer ń gevaar in Natal nie.

Mpande is nou die Koning van die Zoeloes.

Ons kan nou in vrede saamleef in ons nuwe land.

Mpande het ons toestemming gegee om in die suide van Natal te begin boer.

Ons mag nou hier bly.

Ek glo nie die Engelse sal ons hier pla nie.

Hulle is in beheer daar in die Kaap.”

“Paul, gaan jy dan hier in Natal agterbly?”

“Ja Sussie. Ek is mos nou oud genoeg om my eie plaas te kry.

Ek gaan hier bly in Natal bly en begin boer.

Ons gaan ons eie regering, ons eie vlag en ons eie taal hier hê.

Ons gaan vir ons huise en skole bou.”

“Ek het gehoor dat die nuwe dorp wat hier gestig is se naam Pietermaritzburg is.

Dit is genoem na ons 2 groot trekleiers, Oom Pieter Retief en Oom Gerrit Maritz.

Die ander nuwe dorp se naam is Weenen. Weenen kry sy naam sodat ons kan onthou hoeveel trane ons hier gestort het met die dierbare mense wat hier by Bloukrans vermoor is. Ons het hier geween en gehuil.”

“Sussie, ons gaan in Pietermaritzburg ń Kerk bou, ń Gelofte Kerk.

Ons het God belowe ons sal vir Hom ń Huis bou, ń Kerk.

Ons gaan ń mooi Monument maak by Bloukrans.

By Bloedrivier het ons ń stapel klippe gepak. Daar gaan ons ook ń monument bou.

Eendag gaan ons kinders en kleinkinders en hulle kinders hier staan en onthou.

Hulle gaan onthou dat God ons gehelp het.

Hulle gaan glo dat God ons altyd sal help.

Hulle gaan onthou dat ons vir hierdie mooi land met ons bloed betaal het.”

“Paul, ek gaan saam met Pappa terug trek Transvaal toe.

Jy gaan hier in Natal bly.Waar ons ook al gaan bly , ons moet net altyd onthou van ons Gelofte teenoor God.

Ons moet ons kinders leer van God. God se liefde en genade.”

” Ons mag nooit ons Gelofte aan God vergeet nie.

Onthou altyd 16 Desember.God sorg vir ons Afrikaanse volk.

God beskerm ons.

Ons is God se kinders.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae