Kinderlewe in Suid-Afrika / Deel 43 / Die Groot Trek / 1836-1838 Dingaan sterf

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 43

Die Groot Trek

1836 -1838

Dingaan sterf

” Paul, dankie Vader julle is veilig terug.

Ek hoor Dingaan is dood!”

” Sussie, dit was ń bloedige geveg.

Zoeloe het teen Zoeloe geveg.

Dingaan en sy manne het weer gevlug.

Dingaan self het gaan wegkruip by een van die statte.

Die mense in daardie stat was baie bang vir hom.

Hulle het Dingaan nie vertrou nie.

Hulle weet hoe wreed en skelm hy is.

Toe steek hul hom net daar dood.”

“Paul, het sy eie mense hom doodgemaak?

Dit was dan nie ons mense wat hom doodgemaak het nie. ”

” Ja, dit was sy eie mense wat hom doodgemaak het.

Dingaan was so wreed teenoor sy eie mense, hulle wou hom dood gehad het.

Nou is Mpande, Dingaan se boetie, die nuwe Koning van die Zoeloes!

Mpande is nie ons Trekkers se vyand nie.

Mpande is ń goeie mens.

Hy is nie so wreed soos sy boetie Dingaan nie.

Ons kan nou in vrede in Natal woon en saamwerk.

Dankie tog Die Groot Trek is verby.

Nou kan ons ń nuwe lewe hier in Natal begin.”

” Ons moet net ons Gelofte teenoor God altyd onthou.

God het ons gehelp.

God sorg vir ons.

Ons moet altyd dankbaar bly en op God vertrou.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae