Andries Pretorius se kraal / Krugersdorp

Andries Pretorius se kraal

Krugersdorp

Oorblyfsels van Andries Pretorius se kraal waar hy sy perde aangehou het.

Hierdie kraal is op ń hoogtetjie gebou waar dit koeler is om die perde so bietjie teen siektes en muggies wat moontlik perdesiekte kon veroorsaak te beskerm. Die muggies is veral in die laagtes aangetref.

“Die perde is hoog gehou omdat muggies in die leegtes hou en ook die moontlike oorsaak van perdesiekte Vgl ook Perdekop na by Standertom waar die perde bo op gewei het “: (Pieter Orban)

“Van muggies en perdesiekte in Krugersdorp is ek wel bewus , en as ek nie verkeerd is nie, het die kennis dat perde veiliger by hoër hoogtes, veral snags, baie vroeg by boeremense ontstaan. Paardekraal (perdekraal) was juis so genoem omdat dié kraal bekend was, daar is ‘n dam in die lopie en aan die een kant, van Oordstraat wat afloop na Robert Broom rylaan.” 🙁 Philippus Janse van Rensburgh).

Hierdie gepakte klipformasies is nog mooi sigbaar en kyk oor die woonbuurtes van Krugersdorp uit.

Hier is die perde ook gehou toe die groot vergadering op Paardekraal gehou is 1850 en besluit is om teen Britse Anneksasie op tree.

Volgens oorlewering was Paul Kruger se perde ook in hierdie kraal.

ANDRIES PRETORIUS

Andries Pretorius was ń kleinneef van die Trekleier Andries Pretorius. Hy was die seun van Marthinus Wessel Swart Pretorius ( Een van Driemanskap P Kruger, MW Pretorius en P Joubert) wat getroud was met Deborah Retief (Piet Retief se dogter). Hierdie Andries Pretorius was die eienaar van die plaas Paardekraal. Andries se seun was Henning Petrus Nicolaas Pretorius en sy seun was weer die bekende Skote Petoors.

BRON: Internet .Dankie FAK en Barry Müller vir die reël van die toer.

Foto’s: Gys Ströh snr 2022. Kultuurnetwerk.

LET ASB OP:Hierdie besienswaardighede is op private grond en mag nie sonder toestemming besoek word nie.Kontak asb vir Freddie Hartman by 062 803 3780 vir reël van toere en besoekers.

Maak 'n opvolg-bydrae