Ouma se huis / Museum / Adv JG Strydom / Udolpho Kultuurplaas / Parys / Ströh Familie Erfstukke

Ouma se huis

Huismuseum

Familieskatte en Erfstukke

Adv JG Strydom

Henning Klopper

Udolpho

Parys

OUMA SE HUIS: ń LEWENDE HERINNERINGDIE

IDEE:

Ons speel al lank met die gedagte: Wat word van ons familie erfstukke en kosbaarhede?I

n die meeste ouer mense se huise is daar nog so ietsie van ouers of grootouers.

Die items is nog nie regtig oud genoeg vir bestaande museums nie.

Daar is Voortrekkermuseums, Boereoolog-Museums, museums vir groot staatsleiers en historiese figure, maar wat van gewone mense?

Wat van ń tipiese Ouma se huis, soos ons dit nog onthou? ń Plek waar ons kosbaarhede bewaar en bewonder kan word.

UDOLPHO

In samewerking met die FAK het ons die ideale plek gevind.

Die ou plaashuis op Udolpho, kultuurplaas van die FAK is opgeknap en omskep in ń eg-Afrikaanse tuiste waar almal iets van toeka se tyd in Ouma se Huis kan beleef.

ń Huis vol liefde, nasie-trots,en geskiedenis- trots. Ouma se liefde vir mooi goedjies en versamelings, glad nie vertonerig nie. ń Leefhuis, Oupa wat pyp rook op die stoep, koppie boeretroos naby, Ouma vlytig met handwerkies terwyl die geur van varsgebakte brood uit die kombuis lok.

WIE SE PLAASHUIS WAS DIT?

Henning Klopper se huis. Hoofamptenaar van die ATKV

In 1938 is Henning Klopper aangewys as die hoofleier van die 1938-Simboliese Ossewatrek.

Speaker en Voorsitter van die Unie-Volksraad.

Sy geliefde plaas, UDOLPHO, by Parys het hy geskenk en spesifiek opdrag gegee dat die plaas benut moet word tot voordeel van Afrikaners en Afrikaner-kinders.

MUSEUM: INHOUD VAN OUMA SE HUIS

Ons persoonlike versamelings en familie erfstukke het hier ń veilige tuiste gevind.(Gys en Kobie Ströh)

Soos mense van hierdie projek gehoor het, het die hande en harte oopgegaan en een na die ander kosbare erfstuk word beskikbaar gestel vir gebruik in Ouma se Huis.

Dankie dat julle ons daarmee vertrou.

Uit die Strydom-huis in Nylstoom word Adv JG Strydom se versameling, hoofsaaklik meubels, gebruiksartikels en kosbare persoonlike besittings, sy regsboeke, staatstelefoon en selfs sy doodskis ook beskikbaar gestel.

WIE WAS JG STRYDOM?

Die Leeu van die Noorde

Die Eerste Minister van Unie van SA 1954 tot 1958 .

1.Louis Botha Ampsaanvaarding 31 Mei 1910

2. Jan Smuts 1919

3. Genl Hertzog 1924

4. Jan Smuts 1939

5. Dr Malan 1948

6. J G Strydom 1954

7. Dr Verwoerd 195

8 Adv.JG Strydom veg met groot ywer vir die Republiekwording van Suid-Afrika, een Vlag, een Volkslied en Afrikaans as erkende taal, veral as regstaal.

Hy het hard gewerk vir die Afrikaner se kultuurerfenis.

Sy grootste ideaal was ń Republiek van Suid-Afrika , ń Republikeinse Vryheid, maar dit moes die besluit van die volk wees.

Hy berei die weg voor vir die Republiek van SA, 1961.

Hy het deeglik besef hy sal hierdie ideaal nie self bereik nie, maar wel iemand na hom.

Soos Moses, het hy die beloofde land gesien, maar nooit binne gegaan nie.

JG Strydom was die argitek van die Republiek van Suid-Afrika.

OUMA SE HUIS

Ouma se huis is amptelik oopgestel Junie 2022. Besoekers kan nou hierdie museum gaan besoek (per afspraak) en bietjie weer nostalgies terugdink aan ń tyd nie so lank gelede nie.

Die jongmense van vandag kan ń idee kry van hoe het grootouma en grootoupa geleef en waarvoor het hulle gestrewe.

Hou maar dop!

Daar kom nog groot verrassings im Ouma se Huis en op Udolpho.

DANKIE

Dankie vir almal se belangstelling, hulp, gedagtes en bydraes.

Doet so voort.

Dankie FAK vir hierdie wonderlike geleentheid.

Dankie Udolpho ( Jan-Danie Malan, Aneke Malan, Petrus en Jane) vir harde werk, hulp en positiwiteit.

Dankie Vrystaat Kultuurnetwerk en Vaaldriehoek Kultuurnetwerk vir samewerking om hierdie groot projek te voltooi. Gys en Kobie Ströh

Foto’s : Junie 2022 Dankie Nicky J v Vuuren, Gys Ströh snr en Parys Gazette

Maak 'n opvolg-bydrae