Magaliesburg/ Sinkhuisie waar Pres. Paul Kruger dikwels oornag het.

Magaliesburg

Sinkhuisie waar Pres. Paul Kruger dikwels oornag het.

Dorpie Magaliesburg lê net onder die Witwatersrandreeks en die Magaliesbergreeks. Digby die Wieg van die Mensdom.

Langs die walle van die Magaliesrivier.

Die naam kom waarskynlik van die Tswana Opperhoof Mogale af, ń verbuiging van sy naam.

VESTIGING

Die eerste permanente vestigers in hierdie gebied was die Voortrekkers De Beer.

In 1863 koop die Jennings-familie die grond by De Beer. Britse Setlaars families Jennings, Hartley en Robinson vestig hulle in hierdie area.

ONTDEKKING VAN GOUD

Die eerste goud in die Transvaal is hier ontdek in 1874 by Zuikerboschfontein en Blaauwbank deur Harry Lewis, ń Australiese man. Dit raak later bekend as Witwatersrandrif. Die eerste inkomste uit goud word eers in 1913 verklaar (7200 pond goud).

Hierdie ontdekking trek myners en delwers na hierdie area, veral uit Brittanje waar ń groot depressie heers.

Jennings gebruik die inkomste uit goud om ń hotel of herberg te skep en klein winkeltjies : Jennings Junction of Blaauwbank Junction.

Dit was die middelpunt tussen Pretoria, Rustenburg, Krugersdorp, Brits en Potchefstroom. Dit was die uitspanplek na lang reise. Die osse en perde is hier uitgespan en reisigers gaan tuis in oornagkamers. Die ou oorspronklike Magaliesdorp ontstaan hier.

Die murasies van hierdie hotel, die stalle en Jennings se huis nog sigbaar net buite die dorp.

Ook familiegrafte.

MAGALIESBURG TREINSTASIE EN SINKHUISIE

Die verlate treinstasie is net buite die dorp

Enkele geboutjies nog daar.

Hier word die ou sinkhuisie nog steeds bewoon, weliswaar onwettige inwoners.

Die sinkhuisie is bekend daarvoor dat Pres. Paul Kruger dikwels hier oornag het.

Paul Kruger was goed bevriend met die Jennings-familie.

Op die plaas Kruitfontein was ń fontein wat hulle geglo het medisinale waarde gehad het. Pres.Paul Kruger het hierdie fontein dikwels besoek en van die water gedrink om verligting van sy rumatiek te kry.

Na die ontdekking van goud in Johannesburg-area het die stormloop na daardie areas gevolg.

Magaliesburg het ń belangrike landbou- area geword wat voedsel en veral tabak aan die Witwatersrand verskaf het. BRON: Internet .Dankie FAK en Barry Müller vir die reël van die toer.

Foto’s: Gys Ströh snr 2022. Kultuurnetwerk.

LET ASB OP:Hierdie besienswaardighede is op private grond en mag nie sonder toestemming besoek word nie.Kontak asb vir Freddie Hartman by 062 803 3780 vir reël van toere en besoekers.

Maak 'n opvolg-bydrae