Russies-Ortodokse Kerk / Midrand / Gedenkkapel / ABO

Russies-Ortodokse Kerk

Midrand

Gedenkkapel

ABO

RUSSIESE ORTODOKSE KERK

In Suid-Afrika is daar 3 Russiese Ortodokse Kerke.

In Midrand is die St. Sergius of Radonezh Russiese Ortodokse Kerk.

Midrand se indrukwekkende kerkgebou is ontwerp en gebou deur die Russiese argitek Kirs George Victorovich. Dit het twee en ń half jaar geneem om bouwerk te voltooi. Die hoeksteen is in 2013 gelê. Die geleentheid is bygewoon deur o.a. ambassadeurs van die Russiese Federasie, Oekraïne, Belarus, Serbia, Griekeland, Ciprus en plaaslike Russiese verteenwoordigers.

Die gebou is toegewy aan St Vladimir.

Indrukwekkend is die 5 goudbeslaande koepels.

Die binneruim is asemrowend.

KAPEL

Langs die kerkgebou is ń kapel opgerig ter herinnering aan die 225 Russiese soldate wat gesneuwel het tydens die ABO.

Herinnering aan die talle Russiese soldate wat die Boere ondersteun en gehelp het tydens die ABO.

In gedagte word opgeroep die belangrikheid van samewerking en diplomasie tydens die ABO, vandag nog van toepassing.

ń Gedenkmuur is opgerig vir die Russiese Vrywilligers wat saam met die Boere teen die Britte kom veg het.

Hier vind o.a. 31 Mei jaarliks seremonies en kransleggings plaas wat die Vrede van Vereeniging herdenk.

RUSSE SE ROL TYDENS DIE ABO

Wat was die Russe se rol tydens die ABO?

Die Russe was vroeër ook in hulle eie stryd met Brittanje en die swaarkry en die talle geliefdes wat hulle verloor en vermink gesien het, het hulle simpatie met die Boererepublieke gegee en pro-Boer laat optree. Toe oorlog verklaar word in 1899 was van die eerste vrywilligers wat in Pretoria aangekom het, vanuit Rusland.

Hierdie Russiese soldate was dapper en uiters gedissiplineerd en het orals groot agting afgedwing. Hierdie vrywillige soldate is onder dieselfde kam geskeer as die gewone burgers. Hulle moes selfversorgend wees en is nie betaal nie. Van owerheidskant ontvang hulle geweer en ammunisie. Kos en perd en saal moes hulleself voor sorg. Die lewe in die veld was nie maklik nie, maar die landelike Russe was, soos die Boere, die lewe in die veld gewoond en het redelik maklik aangepas.

Die Russe het in noue kontak met Generaal de Wet se kommando gebly.

Die Russe het uitgeblink as treinvernielers en brugvernielers wat groot bydrae gelewer het om broodnodige voorrade aan te vul.

Ook groot hulp verleen aan Boere om Bloklinies te breek of oor te steek en om voorraadlinies te onderskep.

Enkele dae na die uitbreek van die oorlog het die eerste Russe al reeds in Pretoria aangemeld, meeste was delwers wat reeds in SA gedelf het.

Russiese dokters, verpleegsters en mediese ordonnanse het ambulansdiens en hospitaaldiens kom verrig. Hulle het duisende km gereis om hier hulp te kom verleen. Dit het groot verligting aan siekes en gewondes gebring. Hierdie diens het hulle meestal in ou plaashuise of in tydelike skuilings sonder enige geriewe gelewer, selfs treine omskep in hospitaaltreine. Russiese ambulanse se groot rooi kruis was ń algemene gesig by die kommando’s, veral na veldslagte waar hulle dadelik ingespring het om gewondes te versorg.

Skrynwerkers wat in Rusland waens gebou het, het vrywillig ambulanswaens vir die slagveld gebou sonder enige vergoeding.

Verpleegsters het die helfte van hulle swaarverdiende geld (Roebels), geskenk om hulp te verleen.

ENKELE BEKENDE RUSSE TYDENS DIE ABO

MAXIMOV

Kolonel Yevgenij Maximov was ń afgetrede offisier in die Russiese leër, bekend vir sy uiterste dapperheid. Hy kom na Suid-Afrika op 51 jarige ouderdom. Hier raak hy bevriend met verskeie Boereleiers en tree selfs op as raadgewer vir die presidente van die Boererepublieke. Nadat Generaal Mareuil gesneuwel het, het Maximov bevel van die Hollandse Korps in die Vrystaat oorgeneem. Hy was uiters bekwaam en het verseker dat die kommunukasie tussen die Kommando’s korrek en betyds is.Vir Maximov was dissipline uiters belangrik. Seiners moes flink en noukeurig werk en net hulle het die kodes geken. Hy het ook nie van getekende kaarte gebruik gemaak nie, want hy het uit ondervinding geweet hoe gevaarlik sulke kaarte kan wees as dit in die vyand se hande kom.

LEO PROKOVSKY

Soos een van die Russiese Offisiere, Leo Pokrovsky, wat die Boere kom help veg het, in gebroke Afrikaans gesê het: “…ons het die bietjie teen die baie kom help.”

RUSSE VERLEEN HULP AAN DIE BEROEMDE VYF SWEMMERShttp://monument-sa.co.za/heilbron-abo-konsentrasiekamp…/

BRONNEInternet Besoek aan Russiese Ortodokse Kerk Midrand Boere&Russe deur Nico Moolman en Wessel Oosthuizen

FOTO’S Nicki Jansen van Vuuren van Chilli PicNic

Maak 'n opvolg-bydrae