Melrose Huis / Pretoria / ABO / Vrede van Vereeniging

Melrose Huis

Pretoria

ABO

Vrede van Vereeniging

VREDE VAN VEREENIGING

31 Mei 1902 is die Vrede van Vereeniging in Pretoria in Melrose Huis geteken.

Die onderhandelinge het vroeg in April al hier begin tussen die Boere Generaals, Lord Kitchener en Lord Kitchener. Die Britte het die Boere se voorwaardes verwerp en die Boere kon ook nie die Britte se voorstel van onvoorwaardelike oorgawe aanvaar nie.

Daar is toe besluit om samesprekinge met die Boere vegters self te hou en Britse voorwaardes voor te hou.

Die kommando’s het toe 30 verteenwoordigers uit Transvaal en 30 verteenwoordigers uit Vrystaat gekies om in Vereeniging te ontmoet om die omstandighede en voorwaardes te bespreek.

15 Mei 1902 het hulle in Vereeniging bymekaar gekom in Vereeniging. 5 lede is weer gekies om te gaan onderhandel in Pretoria by Melrouse Huis.

27 Mei het hulle teruggekeer Vereeniging toe om terug te rapporteer oor bespreekte voorwaardes. Britte vereis ń antwoord voor middernag 31 Mei 1902.

Drie dae lank debatteer die Boere oor toestande in veld en kampe en voorwaardes.

31 Mei gaan hul oor tot stemming. ń Bittere besluit. 54 stem ten gunste van aanvaarding van Vredesvoorwaardes en 6 stem daarteen.

ń Afvaardiging van 10 word na Pretoria gestuur om die Vredesvoorwaardes te gaan onderteken.

Vyf minute oor elf 31 Mei 1902 word die Vrede van Vereeniging in Melrose huis by die groot tafel in die eetkamer onderteken.

Namens ZAR teken Pres SW Burger, FW Reitz, L Botha, JH de la Rey, JC Kroch en LJ Meyer.

Namens Vrystaat teken W Nel, CR de Wet, CH Olivier, JBM Hertzog en WJC Brebner.

Lord Kitchener en Lord Milner teken namens die Britse owerhede.

Die Boererepublieke het hul vryheid verloor.

Die bloedige oorlog is beëindig.

Die Britse ideaal van een verenigde SA is bereik.

31 Mei 1910 is die Unie van Suid-Afrika gevestig.

WAAROM IN MELROSE HUIS?

Gedurende die ABO is Melrose Huis gebruik as hoofkwartier van die Britse Magte in Suid-Afrika.

Die eienaar van die huis, George Heys, het gedurende hierdie tyd by vriende in Pretoria gewoon. Sy kinders was reeds oorsee op skool en hy het sy vrou vroeg reeds Durban toe gestuur om by familie on veiligheid te gaan woon. Self het hy in Pretoria agtergebly om na sy sakebelange om te sien.

Lord Roberts het Junie 1900 Pretoria ingeneem. Hy het aanvanklik in ń Britse woonhuis in Rissikstraat gewoon, maar skuif gou na Melrose Huis en gebruik dit as Hoofkwartier vanwaar strategie vir die Britse magte beplan is en opdragte vir byna 2 jaar gegee is.

Voor die huis het die Union Jack aan ń lang vlagpaal gewapper.

Lord Roberts het einde 1900 teruggekeer Engeland toe en sy opvolger Lord Kitchener het Melrose huis ook as woning en hoofkantoor van die Britse Magte gebruik.

Na die oorlog het die Heys gesin teruggekeer na hulle woning Melrose Huis toe. Die gesin het kompensasie vanaf die Britse Owerhede gekry vir die gebruik van die huis gedurende die oorlog.

MELROSE HUIS

Melrose Huis is ontwerp en gebou 1886 deur ń Britse argitek, WT Vale, vir die Pretoria sakeman George Jesse Heys. George Heys het sy fortuin gemaak met koetsdienste, veral tydens die diamant- en goudstormloop. George is gebore in Durban in 1852 en het daar grootgeword en skoolgegaan. Hy begin sy loopbaan as ń Algemene Handelaar in Oos-Kaap.

1871 maak hy ń klein Algemene Handelaarswinkel in Kimberley oop.

1879 trek hy na Pretoria en open ń Algemene Handelaarswinkel in Kerkstaat: Heys and Company General Dealers.

1882 begin Heys ń koetsdiens. Hoofsaaklik 4 roetes: Pretoria na Kimberley, na Barberton en Pelgrimsrust, na Pietersburg en na Charlestown in Natal. Die gewildste roete was tussen Pretoria en Johannesburg, hy het ook die pos na verskeie dorpe toe vervoer.

Heys koop 2 erwe in Pretoria en begin bou aan sy nuwe woning. Hy vernoem sy woning na die Melrose Abdy in Skotland, ń plek wat hom en sy vrou baie beïndruk het tydens ń oorsese reis.

Die drie verdieping huis is ń vermenging van Victoriaanse en Eduardse styl, argitektuur sowel as binneversiering. Kleurvolle loodglasvensters, muurpapier, matte in ryk kleure, swierige plafonne en kaggels en waardevolle kunswerke en porselein voltooi die prentjie.

Voor die huis was ń formele Victoriaanse tuin met voetpaadjies, roosbome en blomoortrekte boë rondom ń fontein.

Tennisbane en selfs ń kroketbaan waar vroue geklee in lang wit rokke en hoede en mans met wit langbroeke gespeel het. Formele tuinpartytjies was gereeld gehou.

ń Verstommende reuse wildevy troon tans nog oor die tuin uit.

Agter die huis is in 1895 stalle gebou vir die familie koets, perde en ń paar koeie.

Groente en kruietuine sowel as kamers vir bediendes is in die agtertuin aanfelê en gebou.

Langs die kombuis is ń rondawel opgerig om as ń koelkamer gebruik te word.

Sedertdien is heelwat veranderings aan die huis aangebring om in die behoeftes van die Heys Familie te voorsien.

1895 is o.a. ń nuwe kombuis, spens en biljartkamer aangebou. Al hulle toevoegings en aankope is van oorsee af aangekoop. Maart 1898 is bv 15 bokse vol porselein, breekwarem mesware en linne vanf Londen na Melrose Huis gestuur.

1892/3 is elektisiteit aangelê en selfs ń sentrale stoomverhittingstelsel geïnstalleer.

Baie besoekers o.a. Genl Jan Smuts, ń familie vriend, is deur die Heys Familie in Melrose Huis ontvang deur die perfekte gasvrou, Emma Jane Harris Heys, met wie George in 1973 in Durban getroud is. Kenmerkend onthaal volgens Britse tradisie met tee, papierdun snytjies brood, Bostonbrood en vrugtekoek.

Formele bediendes en kelners in wit geklee en selfs ń kok altyd gereed om gaste te bedien.

MELROSE HUIS MUSEUM

1925 is Melrose Huis oorgedra na die Melrose Trust.

1929 sterf Mev Heys skielik.

Na die dood van George Heys 1939 het sy dogter Mabel en haar man Charles Christie Melrose Huis gehuur.

Melrose Huis is deur die Heys familie bewoon en gebruik tot 1968 toe die huis aan die Stadsraad van Pretoria verkoop is om te gebruik as ń museum.

Meeste van die meubels en inhoud is nog die oorspronklike soos dit was tydens die Heys Familie se verblyf.

Baie min struktuur veranderinge is oor die jare aangebring.

Die museum is amptelik geopen in 1971 deur Staatspresident CR Swarts en is een van die beste voorbeelde van Laat Vicroriaanse argitektuur en leefwyse van ń welaf familie.

Die huis is ook in 1971 verklaar as Nasionale Erfenis.In die groot eetkamer staan alles feitlik nog onveranderd, tafel en stoele in hul plek. Die tafel waar die Vrede van Vereeniging onderteken is, nou toegerus met ń silwerplaatjie met handtekeninge van die afgevaardigdes op.

Daar is selfs ń solder waar menige spookstories al ontstaan het. Verskeie besoekers het al getuig dat hulle onverklaarbaat daar aangeraak is, ń brandgevoel ervaar het en selfs al geknyp of gestamp is.

Besoek gerus Melrose huis.

Die kontras tussen die ryk weelde en die eenvoudige leefwyse van Staatsleier Paul Kruger se historiese huis in ou Kerkstraat opvallend.

BRONNE: Internet. Melrose House and The Anglo-Boer War (1899-1902) en Melrose House (Brosjure)

FOTO’S: Nicky Jansen van Vuuren van Chilli PicNic

Maak 'n opvolg-bydrae