VREDE VAN VEREENIGING / 31 Mei 1902 / ABO / 3 Burgers amnestie geweier / Salmon van As / Heidelberg / Barend Cilliers / Josef Muller

VREDE VAN VEREENIGING

31 Mei 1902 Vrede van Vereeniging word gesluit.

Einde van die ABO.

DRIE BURGERS KRY NIE AMNESTIE NIE.

WAAROM NIE?

Algehele amnestie word verleen aan al die Burgers, net 3 Burgers se amnestie word geweier.

Amnestie is geweier aan:

1. Salmon van As

2. Barend Cilliers

3. Josef Muller

VREDESONDERHANDELINGE:

Die Vrede om die ABO te beëindig het nie maklik gekom nie. Daar was verskeie pogings aangewend om die oorlog te stop.

Reeds in Februarie 1901 het Lord Kitchener en Generaal Louis Botha ontmoet met die oog op vrede. Botha vereis onafhanklikheid van die 2 Boererepublieke. Die versoek word nie toegestaan nie, die oorlog woed voort.

Januarie 1902 bied die Nederlandse regering aan om te help om neutraal ‘n oplossing te vind. Britse owerhede weier egter dat Nederland tussenbeide tree.

Maart 1902 het die waarnemende Staatspresident van die Transvaal hom weereens bereidwillig verklaar tot onderhandelings. In samewerking met President Steyn van die Vrystaat.

9 April 1902 vind die eerste ontmoeting plaas. Na 3 dae se samesprekinge vertrek hulle na Pretoria. Daar word ooreen gekom dat 30 afgevaardigdes van beide republieke gekies sal word en ontmoet in Vereeniging om oor ‘n moontlike vredesluiting te onderhandel.

15 Mei 1902 begin samesprekinge in Vereeniging. ‘n Groot groep, moeilike gesprekke en besluite. Een groep wil voortveg tot die bitter einde, ‘n ander groep voel hulle het reeds bitter einde bereik en moet vrede sluit.

Die Britse regering stuur ‘n konsep met 10 klousules op 28 Mei. Dit vereis die oorgee van Burgermagte, vrylating van gevanges o.a.

Britse regering weier verdere onderhandelings en toegewings.

Die Boererepublieke moet antwoord 31 Mei 1902.

Een van 3 keuses: 1. Voortsetting van oorlog 2. Aanvaar die Britse voorwaardes of 3. Volkome wapens oorgee

Die tyd is beperk.’n Vinnige besluite moet geneem word. Die Burgers stem.

31 Mei middernag besluit en antwoord die Burgers. Hulle aanvaar die Britse voorwaardes.

KLOUSULE 4: AMNESTIE

Klousule 4: No Proceedings, CIVIL or CRIMINAL, will be taken against any of the BURGHERS so surrendering or so returning for any Acts in connection with the prosecution of the war. The benefit of this Clause will not Extent to certain Acts contrary to the usage of War…And which shall be tried by Court Martial immediately after the close of hostilities”

3 persone sal egter nie amnestie kry nie en sal verhoor word

VAN AS vir die skiet van Kaptein Miers

CILLIERS vir die skiet van Kapt Boyle

MULLER vir die skiet van Johannes Rademan

Hierdie 3 gevalle het groot aandag in die Britse pers gekry, hulle sake moet aangehoor word.

Die Burgers is ontevrede, maar het geen ander opsie nie, want as hulle dit nie aanvaar nie kan talle ander dan ook verhoor word.

Kitchener het aan Genl Botha gesê dat hierdie 3 beweerde moorde… “ had attracted much attention in England, and that the British Government…did not see their way open to leave these three cases untried. “

1. SALMON VAN AS vir die skiet van Kaptein Miers

Die WITVLAG-INSIDENT

“In die omgewing van De Kuilen (September 1901) in die Oos-Transvaal het dit gedurende die oorlog toenemend gebeur dat klein Boere patrollies uit die bloute begin het om oor te gee. Ondersoek het aan die lig gebring dat ń sekere Britse offisier Boerepatrollies genader het en met mooi praatjies laat oorgee het.

Op die 25ste September 1901 was Assistant-Veldkornet Van As, Burger Louis Slabert en Piet du Toit uitgestuur om die saak te ondersoek.

Die groep het hul perde versteek en die Britse fort te voet genader.

Hul kon duidelik sien dat hul met verkykers dopgehou word en het ń ent van die fort af stil gaan staan.

Na ń tyd het ń Britse offisier, kapt.R. Miers die groep te perd genader.

Dit is nie duidelik wie van die twee partye ń wit vlag gedra het nie, maar dit is wel bekend dat daar ń wit vlag was.

Van As het Slabert opdrag gegee om die offisier te voet te nader en te hoor wat die man soek. Laasgenoemde het egter verby Slabert gery tot waar Van As en Du Toit gestaan het.

Kaptein Miers was onder die indruk dat die drie Boere kom oorgee en Van As was weer van gedagte dat hul die Brit gevang het wat die Burgers oorgehaal het om oor te gee.

ń Woordewisseling het ontstaan en Miers het na sy rewolwer gegryp.. Van As was egter vinniger en het die offisier, deur die hart, doodgeskiet.

Van As het later die dag die insident aan sy kommandant gerapporteer wat dit afgemaak het as ń oorlogsinsident.” John Roderick, Facebook.

Verhoor van Van As:

Van As was op die 8ste Junie 1902 gearresteer en op die 17de Junie op Middelburg verhoor, aanklag moord.

Dit is ń gegewe dat Burger Van As skuldig bevind was op grond van hoorsê getuienis van anderskleurige getuies.

In kort kan Van As se teregstelling as uiters omstrede beskou word, veral inagenome die feit dat alle hofdokumente verdwyn het.

Feit is ook dat die Britse regering geldelike vergoeding aan Salmon se ouers gebied het en apologie aangeteken het. Daar is ook in soveel woorde erken dat van valse getuienis gebruik gemaak is. Die verbitterde Van As- familie het die geldelike aanbod van die hand gewys en dit duidelik gemaak dat hul seun se lewe nie met geld gekoop kon word nie.”

Van As voor ‘n vuurpeleton

Hy word verhoor en die doodsvonnis word uitgelees op die Markplein.

Van As word gevonnis sonder enige ooggetuies of kans op appél. Tydens die onbillike verhoor beweer die Britte dat Miers ongewapen was en Van As hom geskiet het ten spyte van ń wit vlag.

Op 23 Junie 1902 het Salmon van As by die ou tronk in Heidelberg teen die agterste muur voor ‘n vuurpeloton van 87 man gesterf. Hy het geweier om beblinddoek te word. Die koeëlgate is steeds sigbaar teen die muur van die ou tronk.

Salmon van As is sowat 600 treë buite die dorp in ń kombers toegerol en in ń vlak graf teen Suikerbosrand begrawe.. Veldkornet Hans Botha het later ń doringboompie op sy graf geplant. Salmon van As is Oktober 1903 in die ou begraafplaas (Kloof Kerkhof) herbegrawe.

http://monument-sa.co.za/salmon-van-as-fusillering-abo…/

2. BAREND CILLIERS VIR DIE SKIET VAN KAPTEIN BOYLE

Barend Cilliers word beskuldig dat hy ‘n Britse offisier Lt Cecil Boyle gedood het, buite oorlogstoestande.

Boyle is November 1900 gevange geneem by Dewetsdorp deur CR de Wet se magte. De Wet was die bevelvoerende offisier van die Vrystaat magte.

Krygsgevangenes is tydens die guerrilla-fase van die oorlog “uitgeskud”; gestroop van wapens, ammunisie, klere , voorraad en toerusting want die nood in die veld was hoog. Daarna is hulle vrygelaat. Daar was nie meer kampe vir krygsgevangenes nie. Die Boere was voordurend op die aanval, onttrek en ontvlug. Hulle kon nie gevangenes by hul hou nie want dit belemmer hul beweeglikheid.

Die gevangenes by Dewetsdorp is ook vrygelaat, net Boyle is afsonderlik aangehou op aandrang van Philip Botha, assistant-hoofkommandant van die Vrystaat. Wat die rede was,is nie duidelik nie. Moontlik om hom aan te kla vir oorlogsmisdade. Hy kan dan verhoor word en tereggestel word.

De Wet het verklaar dat berigte ontvang is dat Boyle oorlog teen vroue en kinders gevoer het en dat die inwoners van Dewetsdorp erg vyandig teenoor Boyle was. Vrouens het verklarings afgelê wat Boyle se wrede optrede teenoor hulle bevestig het.

Jan 1901 is Cilliers deur Philip Botha ontbied. Cilliers verklaar dat Botha hom opdrag gegee het om om Boyle ‘n uur te perd veld in te neem, te skiet en te begrawe. Cilliers het die opdrag nie bevraagteken nie.

MJ Smalberger vergesel hom en hulle neem Boyle na ‘n plaas in Betlehem distrik. Cilliers stel Boyle in kennis van sy teregstelling, laat hom toe om ‘n brief te skryf en te bid. Cilliers wond Boyle in die rug met sy mauser geweer en skiet hom daarna op kort afstand in die kop. Hulle begrawe Boyle en verbrand sy dokumente, ook in opdrag van Botha. Cilliers het net die brief gehou en later oorhandig aan Botha. Cilliers het ‘n beëdigde verklaring afgelê oor die gebeure.

Maart 1901 sterf Philip Botha aan ‘n kopwond wat hy tydens ‘n skermutseling naby Ventersburg opgedoen het.

Verhoor van Cilliers

Julie 1901 vergader die algemene Krygsraad van die Vrystaat om die Boyle/Cilliers voorval te bespreek. Dit was nodig om te bepaal of Cilliers wel in opdrag opgetree het. Was dit ‘n wettige bevel? Smallberger, die enigste getuie, lewer verslag. Hierdie verklaring beland onverklaarbaar later in Britse hande.

Die Krygsraad bevind dat Cilliers wel in opdrag opgetree het

Februarie 1902 word Cilliers gewond en gevange geneem deur die Britte. Tydens sy herstel word genader deur 2 Bitse offisiere vir meer inligting oor die Boyle saak. Cilliers wys aan hulle Boyle se graf uit.

Met die Vrede van Vereeniging word hy uitgesluit van amnestie.Die Burgers aanvaar dit ter wille van tyd. Hulle is verseker daarvan dat Cilliers reeds verhoor is en onskuldig aan moord bevind is.

Tweede verhoor van Cilliers

Februarie 1903 word Barend Cilliers weer op dieselfde aanklag van moord in Bloemfontein verhoor. Cilliers erken dat hy Boyles geskiet het, maar onder bevel.

Geen nuwe getuienis kom te voorskyn nie. Cilliers kry die voordeel van die twyfel en word weereens onskuldig bevind.

Barend Cilliers is dus 2 keer verhoor en 2 keer onskuldig bevind vir dieselfde moord

3. JOSEF MULLER VIR DIE SKIET VAN RADEMAN

In die Vrede distrik was die 5 Rademan broers woonagtig op die plaas Raaikloof, Harrismith distrik.

Hulle was onwillig om die wapen op te neem teen die Britte.

Marthinus Rademan vlug na Natal en gaan woon in Newcastle vir die duur van die oorlog.

Die ander broers gaan skuil in die berge.

Johannes Jacobus Rademan word deur die Burgers gevang en aangehou in die tronk in Harrismith. Hulle stuur oor hom oor die grens na Natal om hom te verhinder om by Britse magte aan te sluit.

Die Britse koerante berig verkeerdelik dat John Rademan vermoor is. Volgens die koerante het hy geweier om by die Burgers se kommando aan te sluit want hy wou nie die Eed van Neutraliteit breek nie. Volgens die pers het Pres Steyn geweier om die Eed te erken. Die Burgers het John toe op sy plaas Raaikloof doodgeskiet.

Tydens die ondersoek raak dit duidelik dat Johannes Rademan (volgens Britste Koerante John) wel opgeroep was, hy het gedros en gaan skuil op sy ma se plaas Memel-Distrik. Desember 1900 het Josef Muller opdrag van Veldkornet Charles Meintjies gekry om Johannes/John Rademan te gaan haal, dood of lewendig. Toe die Burgers op die plaas opdaag, weier Rademan om saam te gaan. Hy gryp sy geweer en Josef Muller skiet Rademan dood in ‘n daad van selfverdediging,

Een van die ander broers, Cornelius Johannes Radeaman, beweer na die oorlog dat Johannes/John nooit op Kommando was nie want hy was glo medies ongeskik. Cornelius het tydens die oorlog wel opgetree as gids vir die Britse Kolonne, teen vergoeding.

Daar is geen rekord dat Josef Muller na die Vredesluiting verhoor is nie.

Bron: Internet : Facebook. The South African Military History Society : Military History journal Vol17 Ni 1 – June 2016

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae