Harrismith / Burgermonument / Waspore van Piet Retief Gedenkwa / Simboliese Ossewatrek / NG Kerk Harrismith

Harrismith

Burgermonument

Waspore van die Piet Retief Gedenkwa

NG Kerk Harrismith

BURGERMONUMENT

Kort na die ABO is ñ monument voor die NG Kerk Harrismith opgerig ter ere aan Harrismith Burgers.(Een van minstens 3, ander is later opgerig by die Harrismith Stadsaal.)

Tot Eer en Gedagtenis van die Burgers van die

Harrismith Kommando

Wat hul lewens gegee het

Vir die vryheid

Van Land en Volk

In die

Anglo Boereoorlog

18.9.1902

Die verskillende sye gee name van Harrismith Burgers:

Oos: 21 name van Burgers dood as krygs gevangenes.

Wes: 33 name van Burgers op verskillende plekke dood

Suid: Burgers wat tydens die Slag van Platrand, suid van Harrismith, omgekom het.

https://m.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1608490412905872/?mibextid=ztldM3

WASPORE VAN DIE PIET RETIEF WA

Vlak by die voet van die Burgermonument is die spore wat die Piet Retief Gedenkwa in sement uitgetrap1938 tydens sy besoek aan Harrismith tydens die Simboliese Ossewatrek.

Foto’s: Gys Ströh snr Desember 2022

Maak 'n opvolg-bydrae