Harrismith / Burgermonument / Konsentrasiekamp / Van Riebeeckfees Poskoets

Harrismith

Burgermonument

Konsentrasiekamp slagoffers

Van Riebeeckfees se Poskoets

OORKANT DIE ou STADSAAL van Harrismith is ñ erg verwaardloosde park.

IN hierdie PARK , sommiges noem dit Riebeeckpark, is ñ BURGER MONUMENT opgerig ter ere aan die Burgers wat hulle lewe tydens die ABO verloor het asook aan die talle vrouens, kinders en bejaardes wat in Harrismith se konsentrasie kamp gesterf het. Die kamp het bestaan van Januarie 1901 tot Mei 1902. Hierdie kamp het sowat 1600 inwoners gehad. Groot getalle het in hierdie kampe gesterf weens haglike omstandighede, ondervoed en siektes. In Desember 1901 het minstens 65 in hierdie kamp gesterf.

Hierdie burgermonument het ñ interessante storie.

Soos reeds genoem was die meeste van Harrismith se inwoners Engelssprekend. Hulle lojaliteit het meestal by Brittanje gelê.

Volgens wet is daar bepaal dat enige blanke persoon wat langer as 3 jaar in die Vrystaat woon ñ burger en moet beskikbaar wees vir verdediging van die land.

Met die uitbreek van die ABO word alle burgers tussen 16 en 60 opgeroep om diens te dien en om land teen Brittanje te verdedig. ñ Saak wat groot twis en spanning veroorsaak het.

Party het gehoor gegee en veral diens aangebied om dorp te bewaak. Ander het die land verlaat en ander het weer na Natal toe gegaan om aan te sluit by die Natal Carabineers om die Britse Weermag te ondersteun.

Diegene wat geweier het om diens te doen is gevange geneem en swaar boetes opgelê.

Kort na die ABO, 1902, is ñ BURGERMONUMENT opgerig by die NG Kerk Harrismith

Later ontstaan die idee om nog ñ BURGERMONUMENT op te rig by die Stadsaal.

Groot twis ontstaan en nadat daar tydens Raadsvergaderings nie besluit kon word op geskikte plek nie, word daar tydens ñ publieke vergadering besluit op ñ prominente plek in ñ park re oorkant die Stadsaal.

Hierdie Burgermonument word tydens die Simboliese Ossewatrek 1938 op 8 November 1838 onthul. Dit is die herdenking van 100 jaar na dir Groot Trek.

Fred Johson, inwoner van Harrismith, was die eerste gesneuwelde van die ABO in Natal.

Harrismith se inwoners het ñ groot rol gespeel tydens die ABO, veral tydens veldslae by Elandslaagte, Platrand, Talana ens. http://monument-sa.co.za/talana-museum-en-erfenis-park…/

Die Burgermonument se storie eindig nie hier nie.

WWI breek uit en Suid-Afrika veg aan Britse kant. Die Afrikaanssprekendes is daarteen, voel SA moet neutraal bly.

In die nag van 1 Maart 1940 beskadig iemand die nuwe Burgermonument. Die standbeeld bo-op word beskadig en dele word afgebreek o.a dele van die hoed en die geweer. Dit blyk die skuldige het ñ waterpyp gebruik vir sy vernietigingswerk. Alhoewel daar gerugte en bespiegelings was, is die skuldige nooit vasgetrek nie.

Daar is toe dadelik deur Engelse sakemanne ñ fonds gestig om die monument te herstel en die oorspronklike bouers het kosteloos begin om die monument te herstel. Die geweer het hul weer netjies vasgeplak.

Die Afrikaanssprekendes protesteer heftig teen hierdie herstelpoging en wen uiteindelik.

Die geweer word verwyder en versteek. Die Burgermonument bly so beskadig.

Teen die een kant van die Burgermonument word ñ bord opgesit met die bewoording:

Hierdie monument is in die nag van 1 Maart 1940 deur die vyand van die Boerevolk geskend.

KOETSSPORE

In hiedie eens pragtige park is ook die Koetsspore van een van die poskoetse wat tydens die Van Riebeeckfees in 1952 die land deurkruis het.

Die park is tans ñ hartseer gesig.

Voor die NG KERK HARRISMITH IS OOK ñ BURGERMONUMENT NET NA DIE ABO opgerig.

Bron Internet.

Foto’s Gys Ströh snr Desember 2022

Maak 'n opvolg-bydrae