Sterkfonteindam / Harrismith

Sterkfonteindam

Harrismith

STERKFONTEINDAM

Een van grootste en 2de hoogste (1708 m) dam in SA.

Geleë naby die Drakensberg eskarp.

Gariepdam 5 340 600 meg l

Vanderkloogdam 3 172 300 meg l

Sterkfonteindam 2 616 900 meg l

Vaaldam 2 603 400 meg l

Sterkfonteindam is in 1977 (1969 – 1980) gebou en amptelik geopen in 1980.

1977 is eerste fase voltooi en dadelik begin met volgende fase. 11 jaar lank is daar aan die dam gebou.

Die doel was om water van die Tugela op te vang en te stoor en dan aan Vaalrivier te gee.

Naam

Sterkfonteindam is vernoem na een van die plase in die omgewing van die dam.

Nuwejaarspruit

Sterkfonteindam is gebou in die Nuwejaarspruit, sytak van die Wilgerivier, opvangsgebied van die Vaalrivier.

Die aanvraag na water in die Witwatersrandgebied was groot en in ñ poging om water te stoor wat andersins direk see toe sou gevloei het ( Bo-Tugela), is die Sterkfonteindam gebou.

Die dam is aanvanklik beplan in ñ vallei in die Elandsrivier. Dit was ñ goeie ligging, veral uit ingenieursoogpunt en kostes want ñ veel kleiner wal sou nodig wees.

Om politieke redes is die dam toe gebou in die Nuwejaarspruit want andersins sou die dam groot dele in Qwaqwa oorstroom het.

Damwal

Die damwal is ñ grondwal 97 meter hoog.

19,8 milj kub meter materiaal of grond is gebruik om die wal te bou.

Daar is nie voorsiening gemaak vir uitloop of sluise nie want die risiko vir oorstroom is bitter klein. Die dam word nie gevoed deur groot riviere nie en die opvangsgebied is klein. Daar word bereken dat met net reënwater dit 17 jaar sal neem om die dam vol te kry.

Driekloofdam

Binne die Sterkfonteindam is ñ dam, die Driekloofdam, ñ aparte dam. Indien die Sterkfonteindam leeg loop, hou die Driekloofdam nog water. As Sterkfonteindam vol is, is Driekloofdam byna nie sigbaar nie.

Helder skoon blou water

Sterkfonteindam is verseker een van die skoonste damme in SA. Die water is helder en blou. Dit is omdat daar nie groot riviere met ñ gradiënt instroom nie.

Die dam is diep, verdamping baie min.

Beskermde gebied

Sterkfonteindam is baie gewild vir watersport, veral seil, visvang en staproetes.

Voëllewe, dierelewe en ryke plantegroei lok toeriste.

Bron: Internet

Foto’s; Internet. Gys Ströh snr Desember 2022

Inligting versamel: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae