Drakensville / Die Voortrekkers Jeugbeweging / 1930 – 2016 / 85 jaar / Groot Trek

Drakensville

Die Voortrekkers

2016 – 85 Jaar

Groot Trek

DIE VOORTREKKERS

Die Voortrekkers is ‘n Jeugbeweging vir Afrikaanse kinders.

Reeds in 1913 het Ds CF Visser (Vader Visser, vader van Die Voortrekkers) die behoefte van so ‘n beweging besef.

30 September1931 is Die Voortrekkers amptelik gestig in Bloemfontein.

Die eerste lede is ingelyf deur die destydse Eerste Minister, JBM Hertzog.

Die Leuse: Hou Koers

Die Wapen: ñ Brandende fakkel op ñ wiel.

2016 DIE VOORTREKKERS was 85 JAAR OUD

2016 het Die Voortrekkers hulle 85ste verjaarsdag gevier.

Die tema vir die feestelike jaar: Voortrekkers trap nuwe spore.

Om hierdie 85ste verjaarsdag te vier het sowat 400 moderne Voortrekkerkinders met waagmoed die moeilike taak aangepak om self 4 waens vanaf Kerkenberg die Drakensberge af te trek, al op die roete wat Piet Retief November 1837 gevolg het.

In die spore van Piet Retief Retiefpas af.

Met brute kinderkrag slaag hulle daarin en kamp uitgeput maar tevrede uit by ATKV Drakensville aan die voet van die berg.

Om hierdie besonderse geleentheid te verewig bou hulle 2 monumentjies.

Een bo by die Kaalvoetvrou en ñ tweede een by die eindput Drakensville.

Ook word ñ aantal boompies geskenk en in ñ laning by Drakensville geplant.

Die Voortrekkers trap voorwaar nuwe spore, maak nuwe geskiedenis, herleef die ou geskiedenis en bou nuwe monumente.

Voortrekkers Hou Koers.

Bron: Internet. Facebook : Die Voortrekkers

Foto’s : Facebook Die Voortrekkers

Gys Ströh snr Desember 2022

Inligting versamel: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae