21 Januarie 1960. Coalbrook Mynramp / Suid van Sasolburg / 21 Januarie 1960 / Clydesdale Perde / Mens en dier sterf in die ramp

21 Januarie 1960. Coalbrook Mynramp – Suid van Sasolburg

Mens en dier sterf in die ramp.

CLYDESDALE PERDE

(Bydrae deur Kobie Ströh – eggsa)

Een van die grootste mynrampe in Suid-Afrika het by die Coalbrook Myn suid van Sasolburg plaasgevind.

Ongeveer 900 pilare het onverwags ondergronds ineengestort.

435 mynwerkers was vasgekeer en hulle almal is “lewendig” ondergronds begrawe.

Ten spyte van groot reddingspogings kon niemand gered word nie.

Coalbrook was ‘n steenkoolmyn en het deel gevorm van die Clydesdale Colliery Company.

Coalbrook Mynramp – Monumente, Gedenktekens en Interessanthede in Suid Afrika (monument-sa.co.za)

Clydesdale is oorspronklik vernoem na die vallei van die River Clyde, in die Graafskap Lanarkshire in Skotland.

Die mynmaatskappy, Clydesdale Colliery Company het sterk bande met die Suid-Afrikaanse mynbedryf gehad en meeste steenkoolmyne in SA bedryf.

Baie interessant en minder bekend is dat meer as 40 perde en sowat 20 muile ook in die Coalbrook Myn ondergronds vasgekeer was en saam met die mynwerkers gesterf het.

Meeste van hierdie perde was Clydesdale perde.

Hierdie perde is oorspronklik vanaf Clydesdale, Skotland.

Hulle lyn kan nagespoor word tot in die middel van die 18de eeu.

Die naam van hierdie besonderse perde is reeds al in 1826 opgeteken as Clydesdale perde.

Van Skotland af het Clydesdale perde oor die hele wêreld versprei, veral na die lande onder Britse bewind.

Wat maak die Clydesdale perd anders?

Hierdie trekperde is kragtig en geweldig sterk.

Hulle het groot en sterk voete, dit lyk soos groot borde. ‘n Clydesdale perd se perdeskoen kan tot 2,5kg weeg, 4 maal groter as die van ‘n resiesperd.

Hulle is veral gebruik vir hulle trekkrag en kan 900 tot 3 500kg trek.

Veral in die landboubedryf, voor meganisering, was hulle in groot getalle werksaam.

Kenmerkend van die Clydesdale perd is die lang hare, of veertjies soos dit genoem word,om sy bene. Dit is waterdig en hou die vel en die bene droog, ideaal vir klam omstandighede.

Clydesdale perde se sterte is ook afgesny om te verhoed dat die stert nie in die toerusting of masjiene waarmee hulle werk verstrengel raak nie.

Tydens WWI en WWII het hulle ook ‘n groot rol gespeel om toerusting te sleep.

Clydesdale perde in die mynbedryf

Die eerste rekord van perde wat in die mynbedryf gebruik is, vind ons reeds in 1750.

Clydesdale perde is meestal in myne gebruik, maar ook in die landboubedryf.

Hulle geweldige krag het die werk baie vergemaklik.

Die Clydesdale perd is ook bekend vir sy kalm, rustige en geduldige geaardheid.

Hierdie perde leer ook baie vinnig en maklik

Hulle groot voete het ook makliker beweeg in die vogtige grond onder in die mynskagte.

Boonop is hierdie nie baie hoë perde nie, so 1,6- 1,8 m hoog, skouerhoogte van ‘n volwassene. Dit het gemaak dat hulle makliker in die myntonnels met lae dakke kon beweeg.

Mens en dier het skouer aan skouer in veral die steenkoolmyne gewerk, die omstandighede dikwels haglik.Vuil koolstof, warm, donker, bedompig en klam.

Die Clydesdale perde se lang sy-agtige hare is ook afgeskeer om hulle lewens in die myne te vergemaklik en om siektes te beperk.

Die perde is meestal in kratte in die myne laat af sak, waar hulle dan lewenslank ondergronds gewerk het en in stalle onder in die myn gebly het. Hulle het meestal nooit weer daglig of oop velde gesien nie.

Meeste van die perde het goed ondergronds aangepas, maar daar word vertel dat sommiges van hulle “mal” begin raak het, ander weer blind.

Perde en ponies wat in die myne gewerk het, was dikwels in ongelukke betrokke. Bene gebreek, rug oopgekloof, selfs koppe teen uitstaande rotse stukkend gestamp.

Infeksie het in daardie klam omgewing gedy en die diere het ook maklik longkwale ontwikkel en hulle oë is ook dikwels ontsteek en aangetas.

Hulle moes dan van kant gemaak word

.

Die intelligente Clydesdale perde het ook menigmaal myners se lewens gered. Daar is geglo dat hulle oor ‘n sesde sintuig beskik het. Soms het hulle halstarrig en koppig gaan stilstaan en net daarna het die dak vorentoe in die tonnel inmekaar gestort.

Aanvanklik was die diere erg misbruik en oorwerk, maar wetgewing is opgestel wat die diere se omstandighede baie verbeter het. Hanteerders het ook meestal hulle perde baie mooi versorg.

Coalbrook Myn

Suid-Afrika was nie ‘n uitsondering nie.

Perde en ponies is ook hier in die steenkoolmyne gebruik.

Tydens die Coalbrook myn ramp was daar ongeveer 43 Clydesdale perde ondergronds en sowat 20 muile.

Saam met die 435 myners is hulle begrawe ondergronds, nie een kon gered word nie.

Huidige situasie

Meganisering het die gebruik van Clydesdale perde al hoe minder gemaak.

Vanaf 1994 word perde nie meer in die myne gebruik nie.

1999 is die laaste Clydedale perde in Brittanje na die oppervlak gebring om rustig voort te lewe by ‘n museum.

Tans word Clydesdale perde gebruik vir skoudoeleindes, seremonies en optogte waar hulle koetse trek en ruiters vervoer, die sogenaamde “Drum Horses”

Clydesdale perde se getalle het geweldig afgeneem, sodanig dat hulle in gevaar van uitsterf is. Wêreldwyd word hulle getalle geskat op ongeveer 5000.

Hierdie kosbare mooi harde werkers, moet gekoester en geëer word.

Bronne en foto’s: Internet, Gesprekke met oud-myners

Pos deur Talana Museum, Dundee:

The Talana museum in Dundee is the national coal mining museum and also the repository of the coal industry archives. It holds a copy of the Inquiry into the Coalbrook disaster – a document of over 800 pages. One of the lovely stories about ponies used underground in the coal mines of northern Natal, that I find fascinating, was when the ponies from Wesselsnek colliery were brought to the surface, at the end of their working life and were blind from being in continual darkness – they were given guide dogs to lead them around the mine property. These dogs were taught to open and close taps to provide drinking water for the ponies.

Nog ñ interessante leesstukkie oor perde in die mynbedryf:

https://www.facebook.com/story.php?story_fbid=661702295983753&id=100064319664545&post_id=100064319664545_661702295983753&mibextid=Nif5oz

Lees meer oor die mynramp:

Coalbrook Mynramp

Maak 'n opvolg-bydrae