Volksmoord Monument Kigali Rwanda / Rwanda Slagting/ 6 April 1994 / ABO / Konsentrasiekamp

6 April 1994

Rwanda Slagting

Nie SA geskiedenis nie, maar SA word duidelik en onomwonde op Monument by Kigali aangedui.

Nou wel nie een van ons eie Monumente in Suid-Afrika nie maar baie interessant.

Die Volksmoord Monument in Kigali Rwanda

SUID-AFRIKA WORD PERTINENT AANGEDUI.

Afrique du Sud

Zuid-Afrika – South Africa

1902

30.000

Hierdie monumente word op heelwat plekke in Rwanda aangetref met die duidelike waarskuwing dat so iets NOOIT WEER MAG GEBEUR NIE!!

Kigali Rwanda

Rwanda

Geleë in Sentraal- en Oos-Afrika

Die digbevolkste land in Afrika.

Kigali

Hoofstad van Rwanda

Rwanda Slagting

1994 het Rwanda ‘n bevolking van meer as 7 miljoen gehad, bestaande uit 3 groepe 1. Die Hutu 85% van die bevolking 2. Die Tutsi 14% van die bevolking en 3. Die Twa 1% .

Voor die koloniale tydperke (1800) het die Tutsi hoër sosiale status beklee as die meerderheid Hutu Groep en het die Tutsi meer mag en gesag gehad.

Die minderheidsgroep Tutsi bly egter die land domineer.

Tydens die tydperk van dekolonisasie ( Laat 1950’s) toe Duitsland beheer verloor het oor Rwanda het groot etniese konflik in Rwanda ontstaan wat gelei het tot groot getalle vlutelinge en sporadiese opvlamming van geweld. ‘n Groep vlugteling Tutsi’s vorm ‘n rebellegroep RPF ( Rwandan Patriotic Front) wat veg om beheer oor te neem.

Na Rwanda se onafhankliheidswording het die spanning intenser geword en is aangeblaas deur politici en media wat onbevestigde gerugte versprei het.

6 April 1994 Volksmoord

6 April 1994 sterf die Presidente van Rwanda en Burundi in ‘n vuurpylaanval op hulle vliegtuig en dit gee aanleiding tot 100 dae van menseslagting/Volksmoord. Ekstremistiese Hutu blameer die RPF en Tutsi en sistematies en intens begin die uitwissing. Hoofsaaklik Tutsi word afgemaai in ‘n doelbewuste poging “to eliminate Tutsi Cockroach”, simpatiseerders en selfs gematigde Hutu word uitgemoor. Bure moor mekaar uit, selfs Hutu mans vermoor hulle Tutsi vrouens uit vrees vir hulle eie lewens. ID bewyse toon duidelik mense se etniese groep aan wat uitwissing by padblokkades regoor die land vergemaklik. Koerante publiseer haat propaganda en selfs oor die radio word name genoem van mense wat vermoor moet word. Selfs priesters en nonne word doodgemaak omdat hulle skuiling in kerke bied aan vlugtendes.

Die internasionale wêreld kyk geskok toe, maar geen hulp word gegee nie. Niemand probeer die slagting stop nie alhoewel VN en België reeds magte in Rwanda gehad het. Hulle onttrek om uit die land, vasbeslote om nie by nog Afrika konflikte betrokke te raak nie.

Meer as 800 000 mense sterf. Tussen 150 000 en 250 000 vrouens is verkrag.

Die RPF wat ondersteun is deur die Uganda se militêre mag wen geleidelik veld, neem beheer oor van Kigali en dit het weer gelei tot groot getalle Hutu wat vlug na buurlande veral Kongo wat weer tot ander konflik gelei het.

Rwanda vandag

Hierdie klein landjie het weer opgestaan onder sterk leierskap . Die Volksmoord bly ‘n baie sensitiewe saak in Rwanda en daar is dit onwettig om oor etniesiteit te praat. Onverdraagsaam en onverbiddelik word enige verwysing na etniese afkoms hanteer.

Bron: Internet

Fotos:Internet

Dankie VOETSPORE ( TV Program) wat fotos verskaf het van die borde by die Kigali Gedenkarea.

Samesteller Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae