Old Joe / Schoemanskloof /Patatasnek /Mpumalanga

Old Joe

Schoemanskloof

Patatasnek

Mpumalanga

Hierdie groot geverfde rots langs die pad deur Schoemanskloof is ń baie bekende landmerk

Tradisie laat vebygaande motoriste toet of wuif want dit verseker glo ń veilige rit deur die kloof.

Vroeg in die 1920’s is daar begin om ń pad deur Schoemanskloof te bou.

Die pad is in 1927 voltooi.

Hierdie pad is gebou onder toesig van die voorman Johannes Antonie Barbas (1883-1974)(Joe).

Joe was ñ Hollander wat op 19-jarige ouderdom na Suid-Afrika toe gekom het. Hy was ń kleurvolle karakter met werksywer en integriteit en het sy werkers geïnspireer tot uitstekende werk.

Die padbouers het ń klip gevind met ń herkenbare menslike vorm. Hierdie klip het hul langs die oorspronklike pad naby Patatasnek opgerig, dit wit geverf en gedoop Old Joe om erkenning aan hul ywerige voorman, Joe Barbas, te gee.

Inwoners van die omgewing het begin om die klip te verf en te versier om verskillende gebeurtenisse te herdenk, meestal in die vorm van ń man met ń lekker groot boeppens.

Die verwery het mettertyd tradisie geword.

Old Joe, die rots, is al verskeie kere verskuif soos die pad later jare opgegradeer is en wyer gemaak is, maar pronk nog steeds langs die pad.

Sy huidige plek staan hy al vol sedert 2001.

Vanaf 2005 het ń kunstenaar sy voorkoms gereeld kom verander. Die kunstenaar staan bekend as Ghost. Kort-kort knap Ghost vir Old Joe op en verander verrassend sy voorkoms

.Old Joe was al ń fietsryer, rugbyspeler, sokkerspeler, die Maagd Maria, ń kat, ń gebraaide hoender en selfs al ń treurende renoster ter wille van bewusmaking en bewaring van renosters.

Nodeloos om te sê dat Old Joe na die Pumas se Currie Beker oorwinning in Junie 2022, oornag verander in ń Puma-ondersteuner.

Bron: Internet

Foto’s: Internet. Facebook. Gys Ströh snr Mei 2022

2024

Joe is nou weer mooi skoon vir die nuwe jaar. Dis tradisie dat Joe mooi moet lyk vir die nuwe jaar. Dankie vir die Schoemankloof boere.

Maak 'n opvolg-bydrae