Kinderlewe in Suid-Afrika / Deel 36 / Die Groot Trek / 1836 -1838 / Die Gelofte

Kinderlewe in Suid-Afrika
Deel 36
Die Groot Trek
1836 -1838
Die Gelofte

“Paul, ek is so bly Oom Andries Pretorius  en sy manne is nou hier om ons te help.
Gaan julle klomp manne nou regtig in Zoeloeland  ingaan om Dingaan te gaan straf en om hom ń les te gaan leer?
Dit gaan mos baie gevaarlik wees.”

“Fientjie, ja ons gaan regtig Zoeloeland  in.
Ek weet dit gaan gevaarlik wees want Dingaan kan nie vertrou word nie en ons is min manne wat saamgaan.
Oom Sarel Cilliers sê ons kan hierdie plan nie op ons eie krag regkry nie
Die Zoeloes is te veel en hulle is goeie vegters.
Die Zoeloe krygers stuit vir niks nie.
Hulle is baie wreed.
Net met God se hulp kan ons hierdie wrede heidene stuit.”

“Paul, ja,  ek het gehoor Oom Sarel Cilliers  gaan ook saam met julle.
Hy is ń baie gelowige mens en vertrou net op God.”

“Sussie, ons gaan ń Gelofte aflê.
Ons gaan God smeek om ons te help.
As God ons help om Dingaan se bose mag te breek, belowe ons om daardie dag vir altyd soos ń Sondag te vier.
Ons gaan ń kerk bou, net hier in Natal.
Ons gaan God se volk wees en Sy volk bly. Ons gaan ons kinders hiervan vertel.
Ons moet vir altyd onthou God het ons gered.
Ons kinders en hulle kinders moet dit ook vir altyd onthou.”

“Paul, ons sal onthou.
Ons mag mos nooit ń belofte verbreek nie.
ń Belofte aan God m
ag nooit ooit verbreek word nie.
God sal julle beskerm en help.”

Maak 'n opvolg-bydrae