Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 26 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Johanna van der Merwe 20 assegaai steke

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 26

Die Groot Trek

1836 -1838

Johanna van der Merwe 20 assegaai steke

“Sussie kom gou, kom help!

Roep vir mamma!

Ons het ń dogtertjie gekry wat nog lewe.

Sy het erg seergekry!”

“Paul, bring haar gou na ons wa toe. Daar wag mamma al.

Kom, kom, gou gou. Die vuur brand al klaar en die ketel hang reeds oor die vuur.

Hardloop en gaan haal nog water! Ons gaan baie water nodig hê.

Ek gaan gou die medisyne trommel uit die wa haal en lappe skeur vir verbande.

Kyk hoe lyk die arme kind van al die bloed.

Daar kom die ander tannies ook nou aan gehardloop om te kom help.”

” Fientjie, gaan sy lewe? Weet jy wie sy is?”

” Paul, sy is Johanna vd Merwe. Sy is 12 jaar oud. Ons bid dat sy sal bly lewe.

Sy het baie seergekry.

Sy het 20 assegaai steke op haar lyfie.

Party assegaaie het dwarsdeur haar lyfie gesteek.

Dit is net God se genade dat sy nog leef. Ons moet bid.

Al die tannies help om haar vreeslike koors te breek en om die wonde skoon te hou.

Waar het julle vir Johanna gekry? “

“Sussie, ons het haar by die uitgebrande Van der Merwe waens gekry.

Die Zoeloes het almal daar doodgemaak en die lyke op ń hoop gegooi.

Johanna het onder die hoop lyke ingekruip en doodstil gelê.

Die Zoeloes het gedink sy is ook dood.

Daar onder die klomp dooie mense het ons haar gekry.

Sy is sterk, ek dink sy gaan bly lewe.”

“Boetie, wanneer kom Oom Piet Retief terug?”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae