Hoërskool Driehoek / Vanderbijlpark / Brug by skool stort ineen / 1 Februarie 2019

Hoërskool Driehoek

Vanderbijlpark

Gauteng

Driehoek brug

1 Februarie 2019.

1 Februarie 2019, ń dag wat in menige mense se geheue ingeprent is, ń dag wat die hele land tot stilstand geruk het.

Die groot tragedie toe ń gedeelte van ń loopbrug, ń oorhoofse oorgang tussen geboue by die skool ineengestort het en bo-op leerders geval het.

Net na 8 die oggend, na ń geesvangaksie in die saal, verlaat die leerders die saal. Die seniors bo op die brug en meestal juniors wat onder deur stap na hulle klasse toe. Skielik stort ń betonblok van die brug na benede en pen ń hele klomp leerders vas.

Vier leerders sterf en 29 beseer, sommiges baie ernstig, lewenslank sal hulle die letsels en gevolge hiervan dra.

Hierdie was ń groot tragedie met baie hartseer en trane en groot verlies, maar ook duidelik hoeveel genade daar ook is. Hierdie tragedie het gewys hoe kan mense saamwerk en saamstaan en die heldedade en die krag van ons kinders en onderwysers. Leerders het met brute krag en slim planne, met o.a. domkragte uit onderwysers se motors, ingespring om hulle maats wat vasgekeer en vasgeval was te probeer red terwyl hulle vir noodspanne gewag het. Hulp het selfs van buurdorpe en nywerhede in omgewing opgedaag en almal het saamgewerk om so gou moontlik leerders te help.

Die geboue word onmiddelik gesluit en gestut en deeglik ondersoek vir strukturele gevare en foute.

Die leerders moes in die volgende maande in tente skoolgaan tot die geboue veilig verklaar is. In gietende reën en modderpappery het moedige kinders en onderwysers aangegaan en saamgewerk.

PHOENIXBRUG

ArcelorMittal wat ń hoofkantoor in Vanderbijlpark het, het met die hulp van die gemeenskap en besighede die ou brug van staal en beton afgebreek en die rommel verwyder. Hulle het ń nuwe struktuur opgerig, ń nuwe staalbrug, 15 ton staal gebruik, en verskeie versterkings aan die skoolgeboue se struktuur aangebring.

April 2019 is hierdie nuwe loopbrug ingewy en word genoem die Phoenixbrug. Phoenix is ń Griekse mitologiese karakter wat uit die as opgestaan het. Kobus Venter, CEO van ArcelorMittal het die hoop uitgespreek dat hierdie brug ń mate van heling sal bring.

ORDE VAN MENDI

Matriekleerder Roydon Olckers ontvang postuum die Orde van Mendi vir dapperheid en sy heldedaad. Toe hy sien die struktuur is besig om te val, het hy 2 graad 8 leerders na veiligheid gestamp en self sy lewe verloor.

Die Orde is vernoem na ń skip wat in 1917 gesink het in die Engelse kanaal. Aan boord was 600 vrywillige Suid-Afrikaanse soldate wat teen die Gealliëerde magte in die Engelse kanaal gaan veg het tydens die Eerste Wêreldoorlog.

TRINITY GEDENKTEKEN

2020 word die Trinity gedenkteken, ń ware kunswerk, by Driehoekskool onthul. Die kunstenaar Jacques van der Westhuizen van Vanderbijlpark. Volgens hom was die was die ontwerp en onthul van hierdie gedenkteken ń diep geestelike ervaring.

Die beeld van ń driehoek wat bestaan uit 3 sewes. Dit verteenwoordig die Drie-eenheid van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Jacques van der Westhuizen, die vader van ń matriekleerder, het hierdie kunswerk reeds lankal in gedagte gehad, maar die ongeluk het die doel heeltemal verander. Hy het ń jaar lank aan hierdie kunswerk gewerk as eerbetoon aan die oorledenes sowel as oorlewendes. KS

Bronne: Internet. Vaalweekblad

Fotos: Internet. Vaalweekblad. Gys Ströh snr 1 Februarie 2021.

Maak 'n opvolg-bydrae